2024 Kgalagadi – Dag 2

Twee Rivieren – hier’s ons weer! Sondag – 14 Januarie 2024 Christoff het in die nag begin hoes agv die lugversorger, so ons het dit afgesit… Dit was egter nie lank voor die nag se hitte ons bekruip het nie…en muskiete! Dit het ons oorval! Die gevolg was dat ons maar sleg geslaap het… En…

Continue reading 2024 Kgalagadi – Dag 2

2024 Kgalagadi – Dag 1

Die pad na Mecca Saterdag – 13 Januarie 2024 Saterdagoggend was die trommels, los goed en tasse klaar in Winston gelaai teen die tyd wat ek klaar gestort en aangetrek was… EN Christoff het vir ons koffie in ons nuwe Stanleys gemaak! Ons moes egter die leë jerrie kan en trommel wat op die dakrak…

Continue reading 2024 Kgalagadi – Dag 1

2023 Noordkaap – Dag 7

Augrabies na Orania Vrydag – 24 Maart 2023 Vrydagoggend het ons dit bietjie rustiger gevat. Na ‘n verfrissende stort, het ons ons tweede beker koffie opgedra na die uitkykpunt bo-op die cottage. Die toneel wat ons aanskou het was net nog meer indrukwekkend van so 2-3 meter hoër af. Buiten dat die cottage se dak…

Continue reading 2023 Noordkaap – Dag 7

2023 Noordkaap – Dag 6

Uit die Richtersveld na Augrabies Donderdag – 23 Maart 2023 Die stilte van die nag was amper tasbaar. Daar was nie diertjies wat geroep het nie, maar daar was wel snuffelaars wat ons asblik iewers in die nag omgegooi het. Gelukkig was daar nie veel of skadelike goed om te aas nie. Ek was weer…

Continue reading 2023 Noordkaap – Dag 6

2023 Noordkaap – Dag 5

In die Richtersveld na Gannakouriep Woensdag – 22 Maart 2023 Na ‘n onrustige nag het selfs ek later as normaal geslaap. Die enkelbed matrasse in die huisie het met elke draai in die nag, die res van die huisie laat weet daar was beweging gewees. Met die gevolg dat ons rondom halfsewe eers ons eerste…

Continue reading 2023 Noordkaap – Dag 5

2023 Noordkaap – Dag 4

Via Suid Afrika se hoekie na Sendelingsdrift Dinsdag – 21 Maart 2023 Die son kom later op so noord teen die Weskus, met die gevolg was ek elke oggend voor Christoff wakker. Hy’s ‘n battery hoender en ek is ‘n gewoonte dier, met die gevolg is dat as die son later opkom as wat ons…

Continue reading 2023 Noordkaap – Dag 4

2023 Noordkaap – Dag 3

Kuslangs na Port Nolloth Maandag – 20 Maart 2023 Maandagoggend was ons behoorlik traag uit die vere. Die eerste deel van die nag was ‘n gestoei met kamikazi muskiete, totdat ons die Peaceful Sleep matjie begin opwarm het. Na die eerste koppie koffie en ‘n beskuitjie of twee, het ons begin lewe kry. Christoff het…

Continue reading 2023 Noordkaap – Dag 3

2023 Noordkaap – Dag 2

Deur die Wildeperdehoekpas na Hondeklipbaai Sondag – 19 Maart 2023 Of dit die opgewondenheid was van die onbekende wat voorgelê het en of dit maar net my middeljarige slegte slaap is, sal ek nie weet nie, maar Kathumzi se bed het al die slaap na Christoff se kant toe uitgedeel. Ek was al kort na…

Continue reading 2023 Noordkaap – Dag 2

2023 Noordkaap – Dag 1

Pretoria na Kathu Saterdag – 18 Maart 2023 Ons het besluit ons is met vakansie, so daar was geen wekkers gestel nie. Winston was basies klaar gepak. Dit was net die kamp-yskassie, tasse en padkos koeler wat ingepak moes word voor ons kon pad vat. 6h45 was alles gelaai, die jerrie kanne op die dak…

Continue reading 2023 Noordkaap – Dag 1

2019 Kgalagadi – Dag 7

Einde met ‘n Hoogtepunt! Saterdag – 28 September 2019 Ons laaste oggend het aangebreek… Die ander voertuie het begin tou staan om uit te ry watergate toe, maar ons het met ons eerste beker koffie op die chalet se stoep gaan sit en kyk hoe die son oor die Nossob se loop opkom… Gister was…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 7

2019 Kgalagadi – Dag 6

Lang pad na Nossob Vrydag – 2019/09/27 Dit het weer baie afgekoel deur die nag. Dit was ‘n paar keer ‘n tweestryd tussen ‘n koue neus of asemhaal bo die duvet… Maar ons wou nie die koue trotseer om sokkies aan te trek nie, so ons het maar met koue voete die oggend ingeslaap. Na…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 6

2019 Kgalagadi – Dag 5

Rooi duine en meerkat manewales Donderdag – 2019/09/26 Voor die son ons kon opjaag vanoggend, het Christoff se blaas gepraat en het ons so strompel-strompel badkamer toe gestap. Die strompel was nie van deur-die-slaap wees nie, maar omdat ons bly opkyk het na die sterre wat nogsteeds in hulle miljarde rondgehang het. Vanoggend het ons…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 5

2019 Kgalagadi – Dag 4

Kij Kij se rooikat Woensdag – 2019/09/25 Na ‘n minder koue nag, het ons vroeg geroer en net na halfsewe opgery Melkvlei se kant toe. Die bord by die winkeltjie het vertel van leeus en selfs ‘n luiperd wat gister op die roete gesien was… Ons het gehoop Juan sou sy eerste leeus in lewende…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 4

2019 Kgalagadi – Dag 3

Die onderste duinepad Dinsdag – 2019/09/24 Dit was ‘n bitter koue nag in Twee Rivieren! Ons was nie voorbereid vir daardie koue nie… Ons het die hele nag deur lepel gelê… dan was ek die binne lepel en dan was Christoff die binne lepel… Ons het op ‘n stadium oorweeg om op te staan om…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 3

2019 Kgalagadi – Dag 2

Van Zylsrus na Twee Rivieren… en bietjie verder Maandag – 2019/09/23 Rondom sesuur word ons wakker van stemme in die binnehof buite ons kamer… en in die agtergrond is die ritmiese gedreun van ‘n speaker wat se bas vibreer… Juan was reeds wakker. 😉 Toe Christoff sy kop by die kamerdeur uitsteek, was Juan dadelik…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 2

2019 Boesmanland – Dag 4

Saterdag – 2019/03/23 Saterdagoggend het ons maar traag opgestaan, want ons het besef dis ons laaste tydjie op die plaas. Ek en Christoff het weer in die Locks se slaapkamer gaann plaasneem, met ons eerste bekers koffie en ‘n ekstra lang kuier ingesit, voor die inpak geskarrel moes afskop. Ons het egter ‘n stewige stuk…

Continue reading 2019 Boesmanland – Dag 4

2019 Boesmanland – Dag 2

Donderdag – 2019/03/21 Donderdagoggend het ons hier by sesuur eers lewe gekry. Ons is almal met bekers stoep toe, waar Juan die verskafde beskuit verorber het. Nadat Christoff se beker leeg was, het hy verkas stort toe… En ‘n paar minute na hy weg is, sien ek ‘n swart voël aangevlieg kom uit die weste.…

Continue reading 2019 Boesmanland – Dag 2