2019 Kgalagadi

Al die Bestandele van ‘n Wenresep!

So breek ons Kgalagadi vakansie aan!… Saterdag is die bakkie gepak met genoeg voorraad vir ons EN vir Juan vir ‘n week in die Kgalagadi… Met ‘n tienerseun wat saam is, was die kosbeplanning aansienlik anders…

En min het ons geweet dit sou uitdraai as ‘n vakansie waar die Kgalagadi al die bestandele vir ‘n wenresep sou oplewer… ‘n emmer vol rustigheid en stilte, ‘n paar koppies verrassings van eerste kere, ‘n handvol bekoring vir die landskap, ‘n titseltjie opwinding en ‘n skatkis vol saamwees.

Windpomp troon oor ‘n droë Kalahari

Blaai gerus deur die verskillende dae se gebeure en beleef dit saam met ons.

Dag 1 – 2019/09/22 – Pretoria na Van Zylsrus

Dag 2 – 2019/09/23 – Van Zylsrus na Twee Rivieren… en bietjie verder

Dag 3 – 2019/09/24 – Die onderste duinepad

Dag 4 – 2019/09/25 – Kij Kij se rooikat

Dag 5 – 2019/09/26 – Rooi duine en meerkat manewales

Dag 6 – 2019/09/27 – Lang pad na Nossob

Dag 7 – 2019/09/28 – Einde met ‘n hoogtepunt!

Ons het gaan skoene uitskop by die Kgalagadi Lodge en met ‘n koel dingetjie in die hand die laaste dag se fotos bestudeer. Daar was ‘n paar pragtige fotos, maar ons was nie weer so gelukkig met ‘n leeu-jag foto soos die een wat Christoff in 2015 geneem het nie… Maar ons besef ons was weereens baie gelukkig met alles wat ons gesien het en kon vasvang op fotos.

Hopelik kan ons binnekort weer so maak… en dalk is ons net gelukkig genoeg om daardie ewig-ontwykende luiperd ook raak te loop.