Category: Language

2019 Boesmanland – Dag 1

Woensdag – 2019/03/20 Woensdagoggend, 20 Maart 2019, vat ons pad Prieska toe. Ons het oorslaapplek gereël by Excelsior River Cottages, met ‘n eenheid wat uitkyk op die Oranjerivier… so dit was die eerste skof Boesmanland toe. Die rit se vermaak was verskaf deur Juan wat vir ons ge-DJ het met behulp van Apple Music –…

Continue reading 2019 Boesmanland – Dag 1

2018 Desember

Via Gaborone na Marakele! Vrydagmiddag, 14 Desember, het ons pad gevat Skilpadnek grenspos toe. Ons bestemming vir die nag was die Kleynhans huis buite Gaborone, via Chris & Mariëtte se blyplek net buite die Mokolodi Natuurreservaat. Laasgenoemde was Juan se bestemming vir die volgende paar dae… Maar eers moes ons die man suksesvol deur die…

Continue reading 2018 Desember

2018 Kgalagadi – Dag 11

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Dinsdag – 2018/10/23 Na ‘n koue nat nag, het ons vanoggend die permit gaan haal om die 4×4 roete by Leeuwdril te ry. Christoff het dit gister bespreek en betaal. So was ons oppad om nog ‘n stukkie van die Kgalagadi te ry, waar ons nog nie was nie. Die…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 11

2018 Kgalagadi – Dag 10

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Maandag – 2018/10/22 Kyk! As ons gedink het die vorige nag se wind was woes, was dit omdat ons nog nie geweet het hoe gisternag se wind sou waai nie. Ek was met tye benoud dat ons tent, met ons nog binne in, weggewaai sou word. Nodeloos om te sê…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 10

2018 Kgalagadi – Dag 9

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Sondag – 2018/10/21 Deur die nag het die wind opgekom en met tye die slaap heeltemal weggeblaas. Gelukkig nie die tent ook nie… Ons het net vinnig gaan tande skrop, ons flesse volgemaak en Melkvlei se kant toe gery. Die eerste stuk pad was redelik stil, want die wind het…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 9

2018 Kgalagadi – Dag 8

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Saterdag – 2018/10/20 Vanoggend was dit weer wekker-tyd en halfses het ons met ‘n spoed aan die gang gekom om vinnig alles gepak te kry, sodat ons kort by 6h by die hek kon uit… En Namibië se grenspos groet met die belofte dat ons wel nog eendag daar gaan…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 8

2018 Kgalagadi – Dag 7

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Vrydag – 2018/10/19 Die krag in die kampe word tussen 22h in die aand en 5h soggens afgeskakel. By Mata-Mata word van ‘n kragopwekker gebruik gemaak en die meneer vreet ongeveer 400 liter diesel ‘n dag… So toe ek vanoggend heel deur die weer wakker word en in die donker…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 7

2018 Kgalagadi – Dag 6

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Donderdag – 2018/10/18 Na ‘n nag van baie rondrol en min slaap – in my geval, want my man sukkel nie met slaap nie – moes ons ons tentpenne by nommer 13 in Nossob lig. In minder as twee ure was daar omtrent nie ‘n teken dat ons daar nesgeskop…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 6

2018 Kgalagadi – Dag 5

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Woensdag – 2018/10/17 Vanoggend het my blaas my kort by 5h gejaag en kon ons nog die bespikkelde sterrehemel bewonder oppad ablusie blokke toe… en rustiger oppad terug tent toe… Orion was duidelik uitge-êts reg bokant ons… Rondom ons het die kamp saggies begin lewe kry. Die besprekings vir September…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 5

2018 Kgalagadi – Dag 4

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Dinsdag – 2018/10/16 Vanoggend was dit nie die ongeduldige geneul van ‘n wekker wat ons wakker gemaak het nie, maar die kamp geluide soos die ander kampeerders in Nossob uit die blokke kom vir die hek wat 6h oopmaak. So halfuur later was ons gewapen met koffie in ons flesse…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 4

2018 Kgalagadi – Dag 3

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Maandag – 2018/10/15 Vanoggend het die wekker ons halfses wakker geraas. Ek wens ek kon sê ons het uit die bed gespring, maar al slaap die opblaas matras baie lekker, was dit meer ‘n rol-poging van lê tot hande-vier-voet en dan regop… Ons wou sesuur by die hek uit in…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 3

2018 Kgalagadi – Dag 2

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Sondag – 2018/10/14 Twee Rivieren se hek maak 7h in die oggend oop. Ons was so klein bietjie agter skedule. Ons was eers 7h10 daar. Die stuk tussen Twee Rivieren en Nossob neem gemiddeld so vier en ‘n half ure en ons wou nog probeer om ‘n goeie staanplek te…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 2

2017 Paternoster – Dag 6

Dit was kort maar lekker! Donderdag – 2017/08/17 So breek ons laaste dag in Paternoster aan! Die oggend het soos die voriges begin, met ‘n oggend koffietjie en ‘n stappie op die strand vir my en ‘n draf deur die dorpie vir Christoff. Die laaste oggend het La en Pa Ampie hulle badkamer vir ons…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 6

2017 Paternoster – Dag 5

Party op Paternoster! Woensdag – 2017/08/16 Woensdagoggend was ons weer vroegerig uit die vere, maar toe ons afgaan kombuis toe, sit die verjaardag maatjie reeds alleen voor die TV in die donker en oggendnuus kyk. Dit was Pa Ampie se verjaardag! So tussen die koffie en beskuit deur is hy geluk gewens en het ‘n…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 5