{"id":2301,"date":"2024-01-27T22:00:17","date_gmt":"2024-01-27T20:00:17","guid":{"rendered":"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=2301"},"modified":"2026-01-18T15:16:30","modified_gmt":"2026-01-18T13:16:30","slug":"2024-kgalagadi","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=2301","title":{"rendered":"2024 Kgalagadi"},"content":{"rendered":"<h2>Somer in die Kgalagadi!<\/h2>\n<p>2023 was \u2018n groot jaar in my familie. My ma het 80 geword! Ek kon \u2018n troue in 6 weke re\u00ebl, maar dit het my sedert Maart gevat, om die groot 80 se dinge agtermekaar te kry. Dit was ko\u00f6rdinasie met haar boetie en sussies, ons kinders en klein kinders en \u2018n plek wat groot genoeg was om almal onder een dak te kon sitplek gee&#8230; en voed&#8230;<\/p>\n<p>Toe ons die punt bereik waar alles georganiseer was en reg vir die groot fees, het die beplanner in my \u2018n nuwe uitdaging gesoek&#8230; Ons albei het \u2018n groot behoefte gehad om vir langer as \u2018n paar dae uit die stad te kom en wanneer mens enigsins kyk na \u2018n 2 weke wegloop, dan is die Kgalagadi natuurlik bo aan die lys.<\/p>\n<p>So gebeur dit dat ek in Oktober Sanparke se beskikbare verblyf begin uitkrap om te kyk hoe gou in 2024 daar vir ons slaapplek vir 12 dae is&#8230; Ons wou nie gaan kamp nie! Ons het geen idee hoe warm dit in die somer in die Kgalagadi sou wees nie, want as September tot 42<sup>\u00b0<\/sup> kon meet, wat sal die somer kan oplewer? En hoeveel anders sou die natuur wees? Kon \u2018n ander seisoen dalk leeuwelpies oplewer? Of \u2018n luiperd hierdie keer?<\/p>\n<figure id=\"attachment_2773\" aria-describedby=\"caption-attachment-2773\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2773\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2024-Inleiding-Poprosie-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"665\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2024-Inleiding-Poprosie-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2024-Inleiding-Poprosie-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2024-Inleiding-Poprosie-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2024-Inleiding-Poprosie-1536x1021.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2024-Inleiding-Poprosie-2048x1362.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2773\" class=\"wp-caption-text\">Kleurvolle Kgalagadi in Januarie<\/figcaption><\/figure>\n<p>Na \u2018n uur of wat se kreatiewe elektroniese kortpaaie, was daar 12 opeenvolgende nagte se slaapplek opgelyn. Buiten vir 2 nagte, sou ons egter elke nag in \u2018n ander kamp slaap. Di\u00e9 keer sou ons weer Bitterpan toe gaan EN gaan kyk hoe lyk Kalahari Tented Camp en Gharagab. Twee 4&#215;4 oorslaapplekke in een besoek! Winston sou kans kry om sy staal te wys! En Januarie 2024 was die geleentheid!<\/p>\n<p>Aangesien ons nie meer die spasie van Escap\u00e9 het nie EN ons beplanning was vir \u2018n week langer as die Noordkaap trippie, moes ons mooi beplan. Ons moes genoeg kos vir 2 weke inpak, wat beteken die yskassie (met sy eie battery), genoeg klere en \u2018n klomp ander goed moes in Winston se agterstewe pas.<\/p>\n<p>Met die dat ons die eerste 2 weke van Januarie gewerk het, het ons die naweek voor ons sou pad vat begin om van die goed reg te sit. Kameras, drie-poot, noodhulpsak en basiese kombuis-benodigdhede het stuk-stuk l\u00eaplek in die spaarkamer gekry.<\/p>\n<p>Toe Vrydagaand aanbreek was die vars goed sommer al in die yskasrakkies in die huis-yskas gepak. Die le\u00eb kamp-yskassie was klaar in Winston gelaai \u2013 op die battery \u2013 sodat dit op die regte temperatuur kon kom. Die tasse en kamp trommels was gepak, gereed om gelaai te word&#8230; en die padkos was gemaak!<\/p>\n<p>Ons was gereed vir Winston se eerste Kgalagadi vakansie! Hier is elke dag se ervarings &#8211; <em>click<\/em>\u00a0net op die onderste skakels (<em>links<\/em>):<\/p>\n<blockquote><p><strong><em>Vrywaring<\/em><\/strong><em>: Vir hierdie vakansie is daar min fotos van Winston. Meeste van die fotos is vanuit sy vensters geneem, want ons moes hoofsaaklik in hom gesit het.\u00a0<\/em><\/p><\/blockquote>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2305\">Dag 1 &#8211; 2024\/01\/13 &#8211; Die pad na Mecca<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2310\">Dag 2 &#8211; 2024\/01\/14 &#8211; Twee Rivieren &#8211; Hier&#8217;s ons weer!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2353\">Dag 3 &#8211; 2024\/01\/15 &#8211; Groen rivierlope<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2389\">Dag 4 &#8211; 2024\/01\/16 &#8211; Op en af in die Auob!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2414\">Dag 5 &#8211; 2024\/01\/17 &#8211; Kol-katte en duine paaie<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2431\">Dag 6 &#8211; 2024\/01\/18 &#8211; Lang stories &#8211; Min fotos!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2472\">Dag 7 &#8211; 2024\/01\/19 &#8211; 1-2-3 Welpies!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2647\">Dag 8 &#8211; 2024\/01\/20 &#8211; Bitterpan, jou warm ding!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2681\">Dag 9 &#8211; 2024\/01\/21 &#8211; Leeus by Bitterpan!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2689\">Dag 10 &#8211; 2024\/01\/22 &#8211; Gharagab!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2717\">Dag 11 &#8211; 2024\/01\/23 &#8211; Gharagab na Nossob!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2739\">Dag 12 &#8211; 2024\/01\/24 &#8211; Sleg leeus!<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2775\">Dag 13 &#8211; 2024\/01\/25 &#8211; Leeus! Leeus! Leeus!<\/a><\/p>\n<p>Winston is klein, maar verseker ge-<em>train<\/em>! Hy kon ons oral vat waar ons wou wees&#8230; En deur sy vensters het ons wel leeuwelpies en \u2018n luiperd gesien&#8230; alhoewel die luiperd nie tel nie&#8230; Die vraag rondom die karkasse was geantwoord, maar nie die een waar ons nou kan luiperds soek nie&#8230; Volgende keer&#8230;<\/p>\n<p>Maar vir \u2018n laaste bederfie&#8230; Met die grondpad geskraap tussen Askham en van Zylsrus, was ons rit aansienlik gemakliker. Ons het egter remme aangeslaan vir die kleinste van kleinste skildpadjies. Hoe Christoff die kalant raakgesien het, sal ek nie weet nie, maar hier is die skillie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-2772\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/20240126-Skilpadjie.jpg\" alt=\"\" width=\"902\" height=\"324\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/20240126-Skilpadjie.jpg 902w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/20240126-Skilpadjie-300x108.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/20240126-Skilpadjie-768x276.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 902px) 100vw, 902px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Somer in die Kgalagadi! 2023 was \u2018n groot jaar in my familie. My ma het 80 geword! Ek kon \u2018n troue in 6 weke re\u00ebl, maar dit het my sedert Maart gevat, om die groot 80 se dinge agtermekaar te kry. Dit was ko\u00f6rdinasie met haar boetie en sussies, ons kinders en klein kinders en&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"parent":149,"menu_order":8,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-2301","page","type-page","status-publish","hentry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/2301","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2301"}],"version-history":[{"count":12,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/2301\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2781,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/2301\/revisions\/2781"}],"up":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/149"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2301"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}