{"id":1098,"date":"2018-10-13T22:00:06","date_gmt":"2018-10-13T20:00:06","guid":{"rendered":"http:\/\/escape2breathe.com\/?p=1098"},"modified":"2024-12-23T15:19:35","modified_gmt":"2024-12-23T13:19:35","slug":"2018-kgalagadi-dag-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=1098","title":{"rendered":"2018 Kgalagadi &#8211; Dag 1"},"content":{"rendered":"\r\n<h2 class=\"wp-block-heading\">&#8216;n Leeu van &#8216;n Vakansie!<\/h2>\r\n\r\n\r\n\r\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Tot op die drumpel van die Kgalagadi!<\/h3>\r\n<h4>Saterdag &#8211; 2018\/10\/13<\/h4>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Toe die wekker se deuntjie 3h vanoggend deur die kamer weergalm was ons nog glad nie reg vir opstaan nie&#8230; Veral nie toe ek deur die gordyne loer en sien hoe die re\u00ebn op die bure se dak afkom nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>My eerste reaksie was om terug te klim in die bed en die ryery met \u2018n uur of wat uit te stel, maar Christoff het deurgedruk. Hy is deur die stort en uit buitentoe om die laaste goed te gaan pak, terwyl ek nog in my nagklere die kos uit die yskas in die koelers ingedruk het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Voor ek egter nog die slaap behoorlik uit my o\u00eb kon kry, het ek links voor gesit en het ons onder begeleiding van donderweer en sagte druppels op die ruit, uitgery vulstasie toe om die band druk na te gaan.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ek het dapper pogings aangewend om wakker te bly, terwyl Christoff \u2018n <em>podcast<\/em> opgesit het, maar geen geselsies uit ander se monde, sou my weg-dommellary kon kniehalter nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Tussen Biesiesvlei en Sannieshof het ek \u2018n paar wakker oomblikke gehad en in die stilte van die kajuit hoor ek toe iets wapper op die dak. Die volgende oomblik gly dit by die bakkie se agter venster verby en beland onder \u2018n aankomende kar se wiele&#8230; Dit was die kombuisrak wat <em>road kill<\/em> geraak het&#8230;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Christoff het remme aangeslaan en omgedraai om die wapperende rak te gaan red. Toe ons uitklim het \u2018n vieslike vlakte-wind ons ysig verwelkom in Noordwes. Christoff het die kombuisrak gaan optel en die vertrapte besigheid nader gebring. Dit wou voorkom asof dit darem net uitwendige skade was. Die sak was kapoet, maar die kombuisrak self sou nog diens kon doen, as ons die band merke afgewas het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Op Sannieshof draf ek by die Spar in op soek na <em>tissues<\/em> en \u2018n besem. Toe ek betaal, vra ek die Tannie agter die kasregister of daar \u2018n Wimpy of iets op die dorp is. Met die koue saam het ons koffie-lus nog hoog geloop&#8230; <em>Nee jong, kom ons maak gou vir jou koffie<\/em>, s\u00ea die Tannie agter die ander <em>till<\/em>&#8230; Daar skarrel sy weg kombuis toe om instruksies te gaan gee en Christoff word in gewuif om die flesse uit die bakkie te gaan haal.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die worsbroodjie-makery in die kombuis is onderbreek, sodat ons flesse met kookwater gevul kon word. Die dame het gevra of ons koffie het en beduie na \u2018n blik. Ek het geskerm en ges\u00ea ons het koffie in die bakkie, ons sal dit sommer gebruik, baie dankie!&#8230;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Met die vol flesse en \u2018n bestelling vir worsbroodjies, stap ek deur se kant toe, om ons ingepakte koffie te gaan nader grou&#8230; <em>Het jy koffie?<\/em> Vra die <em>till<\/em>-Tannie agter haar bestuurs-toonbank uit. <em>Kom kry sommer van my koffie hier voor<\/em>, s\u00ea sy en haal \u2018n houer uit \u2018n kassie onder die toonbank. <em>Dankie, Tannie<\/em>, begin ek keer, <em>maar ons sal sommer van ons koffie uit die bakkie kry<\/em>.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><em>Vir wat sal jy nou sukkel. Gebruik sommer van hierdie&#8230; Suiker? Melk? <\/em>Vra sy terwyl sy na haar houer Nescaf\u00e9 beduie en ek staan toe maar verle\u00eb nader. Terwyl ek ons koffie bou, gesels die Tannie al te lekker oor die vorige aand se rolbal spelery op die dorp en hoe die jongmense dit saam kom geniet het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Nadat ons betaal het vir die worsbroodjies, het ons haar bedank vir hulle gasvryheid. <em>Dis maar hoe ons dit doen op Sannieshof<\/em>, het sy dit met \u2018n glimlag afgemaak.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Terug in die bakkie ruil ons die Spar parkering vir \u2018n stopplek oorkant die pad. Na \u2018n haastige ruiltransaksie om R2 muntstukke te bekom, val ek agter twee ander wonderende dames in, wat die tolhek by die badkamer probeer uitpluis. Ek doen toe maar weer \u2018n ruiltransaksie en verneem van die eerste dame dat daar nie wit goud beskikbaar is nie. Ons gryp gou \u2018n rol uit die bakkie en kom tot hulle redding, voor ek my beurt vir \u2018n betaalde piepie kon aangryp&#8230; Ons is met bre\u00eb glimlagte weg uit Sannieshof&#8230;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide\">\r\n<figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" class=\"wp-image-1152 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Van-Zylsrus-768x1024.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Van-Zylsrus.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Van-Zylsrus-225x300.jpg 225w\" sizes=\"auto, (max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><\/figure>\r\n<div class=\"wp-block-media-text__content\">\r\n<p>Kort voor lank het die laaste paar nagte se min slaap my weer laat verander in \u2018n ou tjor met elektriese probleme&#8230; Die ligte wou net nou en dan aankom&#8230; Maar toe ons die grondpad duskant Van Zylsrus tref, toe skud die pad die drade in permanente kontak.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Christoff moes twee maal remme aanslaan. Die eerste keer was dit \u2018n likkewaan wat waggelend die grondpad wou kruis en toe maar eerder \u2018n regsomkeer gemaak het. Die tweede rem-slag was sodat \u2018n slangetjie die laaste meter of twee van sy tog oor die pad kon voltooi.<\/p>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ons het by <a href=\"http:\/\/www.vanzylsrushotel.com\/index.php?p=18\">Van Zylsrus se hotel<\/a> gaan aanklop vir \u2018n nat koue enetjie en die <em>locals<\/em> se Saterdagmiddag eskapades bekyk. Die een madala het twee rye spore geloop net om oorkant die pad teen \u2018n asblik te gaan neerplons&#8230; en ons weer later kom opsoek voor ons pad gevat het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die pad tussen Van Zylsrus en Askham het baie lank geraak. Na \u2018n uur en \u2018n half se worstel om wakker te bly, het ons by die garage ingedraai en die bakkie se dors geles. Roomys in die hand het ons die laaste paar kilo\u2019s aangedurf.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide has-media-on-the-right\" style=\"grid-template-columns: auto 38%;\">\r\n<figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" class=\"wp-image-1151 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Rooi-sand-tone-e1574002650657-1024x768.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Rooi-sand-tone-e1574002650657.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Rooi-sand-tone-e1574002650657-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Rooi-sand-tone-e1574002650657-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\r\n<div class=\"wp-block-media-text__content\">\r\n<p>Dit was met groot verligting wat ons by <a href=\"http:\/\/www.kgalagadi-lodge.co.za\/\">Kgalagadi Lodge<\/a> se hek ingery het. By ons chalet het ons vinnig die nodigste afgelaai, skoene uitgeskop en met ons tone in die rooi sand gestaan en kyk hoe die onweer nader rol.<\/p>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-image\">\r\n<figure id=\"attachment_1153\" aria-describedby=\"caption-attachment-1153\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1153\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Kgalagadi-Lodge-1024x768.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"768\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Kgalagadi-Lodge-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Kgalagadi-Lodge-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Kgalagadi-Lodge-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1153\" class=\"wp-caption-text\">Nou gaan ons braai!<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die wind het ons vuur soos \u2018n blaasbalk aangejaag, terwyl ek tussen re\u00ebn spatsels deur slaai gemaak het om te sorg dat die slaai betyds klaar is, voor die vleis te droog braai&#8230; Met vol magies en \u2018n glasie in die hand, kon ons terugsit en kyk hoe die laaste lig oor die vlakte verdwyn.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-1154\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1154\" aria-describedby=\"caption-attachment-1154\" style=\"width: 4032px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1154\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Reen-oor-Kgalagadi.jpg\" alt=\"\" width=\"4032\" height=\"3024\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Reen-oor-Kgalagadi.jpg 4032w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Reen-oor-Kgalagadi-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Reen-oor-Kgalagadi-768x576.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/20181013-Reen-oor-Kgalagadi-1024x768.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 4032px) 100vw, 4032px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1154\" class=\"wp-caption-text\">Onweer oor die Kgalagadi<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=1766\">inleiding<\/a>\u00a0af. Of blaai hier na die\u00a0<a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=1102\">volgende dag<\/a>.<\/em><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Leeu van &#8216;n Vakansie! Tot op die drumpel van die Kgalagadi! Saterdag &#8211; 2018\/10\/13 Toe die wekker se deuntjie 3h vanoggend deur die kamer weergalm was ons nog glad nie reg vir opstaan nie&#8230; Veral nie toe ek deur die gordyne loer en sien hoe die re\u00ebn op die bure se dak afkom nie.&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[10,2,93,9],"class_list":["post-1098","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-askham","tag-kgalagadi","tag-kgalagadi-lodge","tag-van-zylsrus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1098","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1098"}],"version-history":[{"count":12,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1098\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2594,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1098\/revisions\/2594"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1098"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1098"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1098"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}