{"id":1106,"date":"2018-10-16T22:00:11","date_gmt":"2018-10-16T20:00:11","guid":{"rendered":"http:\/\/escape2breathe.com\/?p=1106"},"modified":"2024-12-23T15:41:23","modified_gmt":"2024-12-23T13:41:23","slug":"2018-kgalagadi-dag-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=1106","title":{"rendered":"2018 Kgalagadi &#8211; Dag 4"},"content":{"rendered":"\r\n<h2 class=\"wp-block-heading\">&#8216;n Leeu van &#8216;n Vakansie!<\/h2>\r\n\r\n\r\n\r\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Soekende wyfie leeu, beseerde bruin hi\u00ebna en Hendrik se tande.<\/h3>\r\n<h4>Dinsdag &#8211; 2018\/10\/16<\/h4>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Vanoggend was dit nie die ongeduldige geneul van \u2018n wekker wat ons wakker gemaak het nie, maar die kamp geluide soos die ander kampeerders in Nossob uit die blokke kom vir die hek wat 6h oopmaak.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>So halfuur later was ons gewapen met koffie in ons flesse en beskuit vir die eerste pit stop. Met kiepie agter die stuurwiel, het Christoff ons permit by die kantoor gaan kry. Vanoggend was dit \u2018n rit in die suidelike rigting.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Tot dusver het Marie se Gat nog nie veel opgelewer nie en ons het begin bespiegel dat ons maar volgende jaar eerder staanplekke in Mata-Mata en Twee Rivieren moet bespreek&#8230; Laas keer het Nossob lieflike roofvo\u00ebls opgelewer, maar hierdie keer was alles so half in die verte.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ons het heelwat vier-voetige spore gesien wat die pad op verskeie plekke gekruis het, maar n\u00earens was die oorsprong van die spore sigbaar nie. By Marie se Gat aangekom, staan daar drie voertuie en bekyk hoopvol die bitter min wat by die watergat besig was om te gebeur.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ek het nog \u2018n halwe poging aangewend om ook te loer of ons nie die watergat laag vat nie, maar Christoff het net ges\u00ea ons kan maar stadig aanry Kaspersdraai toe&#8230; En soos dit \u2018n goeie vrou betaam het ek gehoorsaam en stadig aangery&#8230; Ook maar goed!<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Kort anderkant Marie se Gat kom ons om \u2018n draai en daar stap sy, lewensgroot, tussen die dro\u00eb Kalahari bossies teen die linker duin. Sy was egter oppad terug en soos ek Escap\u00e9 in trurat druk, gryp Christoff die lang lens nader. Elke keer as sy stop, stop ek en as sy weer begin stap hou ek benoud dop vir enige verkeer van agter.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>\u2018n Paar tellings later besluit sy om die pad reg voor die bakkie te kruis\u2026 en so vir \u2018n oomblik op die oorkantste wal vas te hak. Sy het die lug gesnuif en so keer of wat \u2018n sagte, roep-sug oorweeg, wat nie veel verder as haar kieste gekruip het nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-large wp-image-1204\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1204\" aria-describedby=\"caption-attachment-1204\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1204\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-wal-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"681\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-wal-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-wal-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-wal-768x510.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-wal.jpg 1926w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1204\" class=\"wp-caption-text\">Snuif-snuif die lug en roep-roep halfhartig<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Toe klim sy terug in die pad en val op \u2018n drafstap weg\u2026 met ons kort op haar hakke. Met tye het sy oorgeslaan in \u2018n stap, dan kruip ons maar versigtig saam\u2026 Tot sy weer op die wal geklim het. Sy was duidelik soekend.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Van die wal af het sy in die ruigte in beweeg en kon ons haar rug volg soos sy deur die bossies kronkel. \u2018n Minuut of twee later het sy op die loop se walletjie vasgehaak en rondgekyk&#8230; en toe verdwyn\u2026<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-large wp-image-1203\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1203\" aria-describedby=\"caption-attachment-1203\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1203\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-oewer-1024x680.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"680\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-oewer-1024x680.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-oewer-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-oewer-768x510.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-op-oewer.jpg 1475w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1203\" class=\"wp-caption-text\">Leeu wyfie op die rant van die rivierloop<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Toe ek weer Escap\u00e9 met brandstof begin voer, het Christoff onmiddellik die fotos van die afgelope paar minute begin deurkyk&#8230; Minute&#8230; Dis ongelooflik hoe tyd in halfpas kan oorslaan as die natuur jou vir \u2018n oomblik deel maak van iets so alledaags, maar tog so majestueus vir ons bos-hunkeraars.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Van daar af het ons niks meer as 30km per uur gery nie. Ons wou seker maak ons is paraat vir enige iets verder ons pad kan kruis&#8230; en vir die amper 20km Kaspersdraai toe, was dit net rustigheid en hier en daar \u2018n weiende graseter.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>By Kaspersdraai was daar \u2018n ander voertuig. Snaaks hoe die teenwoordigheid van \u2018n ander voertuig jou skielik laat wonder of daar iets is om na te kyk&#8230; Al was ons self die vorige dag of twee net wagtend langs \u2018n watergat met die hoop dat iets gaan gebeur.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>By die watergat was \u2018n gemsbok besig om te patrolleer en in die verte \u2018n jakkals-gesin wat hulle tieners in toom probeer hou het. Terwyl die een jakkals-ouer nader kom om die watergat se veiligheid te ondersoek, het die ander voertuig aanstaltes gemaak om te ry en ons het die beskuit nader getrek.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Maar voor Christoff se eerste happie nog sag was, moes hy haastig die beskuit verruil vir die kamera. \u2018n Bruin hi\u00ebna het baie versigtig sy verskyning gemaak en treetjie vir treetjie die watergat genader. Die gemsbok was onmiddellik bewus van die roofdier en het met \u2018n snork gaan vassteek. Hi\u00ebna se kind het ore platgetrek soos \u2018n hond wat raas kry.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-large wp-image-1196\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1196\" aria-describedby=\"caption-attachment-1196\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1196\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-in-gras-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"681\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-in-gras-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-in-gras-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-in-gras-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-in-gras.jpg 1504w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1196\" class=\"wp-caption-text\">Hi\u00ebna in die lang gras<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\r\n<figure id=\"attachment_1199\" aria-describedby=\"caption-attachment-1199\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1199\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jakkals-ondersoek-1024x876.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"876\" data-id=\"1199\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2018-kgalagadi-dag-4\/20181016-jakkals-ondersoek\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jakkals-ondersoek-1024x876.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jakkals-ondersoek-300x257.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jakkals-ondersoek-768x657.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jakkals-ondersoek.jpg 1412w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1199\" class=\"wp-caption-text\">Jakkals stel ondersoek in<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<figure>\r\n<figure id=\"attachment_1198\" aria-describedby=\"caption-attachment-1198\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1198\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-wond-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"681\" data-id=\"1198\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2018-kgalagadi-dag-4\/20181016-hiena-wond\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-wond-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-wond-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-wond-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-wond.jpg 1504w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1198\" class=\"wp-caption-text\">Gewonde hi\u00ebna<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die gemsbok het nader gestap en die hi\u00ebna kom intimideer, totdat die hi\u00ebna omgedraai en na ons kant toe weggedraf het. Die tekens van \u2018n onlangse skermutseling was duidelik op die hi\u00ebna se gesig. Kort voor die bakkie het die hi\u00ebna weer begin stap en \u2018n stadige draai terug gemaak om weer in die gras te gaan l\u00ea. Die gemsbok het teruggestap watergat toe en die jakkalsie het kom ondersoek instel. Daar was \u2018n veilige afstand gehandhaaf, maar beide die jakkals en gemsbok moes besef het die hi\u00ebna was redelik skadeloos op daardie stadium&#8230; Die behoefte aan water was groter as enige iets anders.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die hi\u00ebna het in die gras vertoef terwyl die jakkals-gesin almal hulle dors kom les het. \u2018n Blou wildebees of twee het nadergekom, maar wou dit eerder nie te naby waag nie. Daar was \u2018n gesnork en geblaas tussen die gemsbok en die wildebeeste en met \u2018n ongeduldige blaf-snork het die wildebeeste omgedraai en weggestap.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1208\" aria-describedby=\"caption-attachment-1208\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1208\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Watergat-wagte-1024x546.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"546\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Watergat-wagte-1024x546.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Watergat-wagte-300x160.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Watergat-wagte-768x410.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Watergat-wagte.jpg 1204w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1208\" class=\"wp-caption-text\">Bekommerde bokke van die watergat<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1197\" aria-describedby=\"caption-attachment-1197\" style=\"width: 843px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1197\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-vol-water-843x1024.jpg\" alt=\"\" width=\"843\" height=\"1024\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-vol-water-843x1024.jpg 843w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-vol-water-247x300.jpg 247w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-vol-water-768x933.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Hiena-vol-water.jpg 971w\" sizes=\"auto, (max-width: 843px) 100vw, 843px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1197\" class=\"wp-caption-text\">Hi\u00ebna met sy dors geles<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Met die gemsbok wat spasie gemaak het, het die hi\u00ebna toe ook die kans gevat en water toe gestap, terwyl die oorblywende jakkalsie nog \u2018n laaste slukkie vat&#8230; en daar begin die hi\u00ebna water drink&#8230; en drink&#8230; en drink.. en drink&#8230; en drink, terwyl die ander \u2018n ent verder begin rondstaan.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Of die gemsbok die hi\u00ebna jammer gekry het en hom toegelaat het om water te kom drink, sal ons seker nie weet nie, maar hy kon net so maklik die hi\u00ebna verwilder het&#8230; Ons was net weereens bevoorreg om die wisselwerking tussen die diere te kon aanskou.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Terug by die kamp het ons vinnig by die staanplek agter die badkamers gaan aanklop. Gister se stories in die kombuis het my laat wonder of die tandarts een van die bekende name in die <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/groups\/354680744597443\/?ref=bookmarks\"><em>Kgalagadi <\/em><em>Sightings<\/em><\/a> groep is en my nuuskierigheid het die oorhand gekry.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>So ontmoet ons oom Johan Kloppers. Daar was eers uitgevra oor Hendrik se tande en toe later gesels oor sy spog fotos. Hy\u2019t ons ewe vriendelik om genooi na sy voertuig toe en die kamera nader getrek om ons \u2018n <em>sneak preview<\/em> te gee op die volgende foto wat in die groep gaan opeindig.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Na ek en Christoff \u2018n vinniger middagslapie genuttig het, het\u00a0 Hendrik se ou Datsun onder die boom by die Kloppers-staanplek gestaan. Ek het myself heel voorbarig weer oorgenooi en \u2018n foto van die twee manne gaan bedel, terwyl oom Johan nog hard aan die werk was aan Hendrik se tande.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ons het later weer \u2018n draai by die Kloppers-staanplek gaan maak. Die stel in oom Johan se hande was amper vol-tandig en Hendrik het al hoe bre\u00ebr geglimlag.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-gallery-2 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\r\n<figure id=\"attachment_1205\" aria-describedby=\"caption-attachment-1205\" style=\"width: 1008px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1205\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-1.jpg\" alt=\"\" width=\"1008\" height=\"756\" data-id=\"1205\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2018-kgalagadi-dag-4\/20181016-tande-manne-1\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-1.jpg 1008w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-1-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1008px) 100vw, 1008px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1205\" class=\"wp-caption-text\">Oom Johan besig met Hendrik se tande<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<figure>\r\n<figure id=\"attachment_1207\" aria-describedby=\"caption-attachment-1207\" style=\"width: 863px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1207\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Valkie-by-Nossob-863x1024.jpg\" alt=\"\" width=\"863\" height=\"1024\" data-id=\"1207\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2018-kgalagadi-dag-4\/20181016-valkie-by-nossob\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Valkie-by-Nossob-863x1024.jpg 863w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Valkie-by-Nossob-253x300.jpg 253w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Valkie-by-Nossob-768x911.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Valkie-by-Nossob.jpg 1137w\" sizes=\"auto, (max-width: 863px) 100vw, 863px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1207\" class=\"wp-caption-text\">Valkie by Nossob watergat<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ons het \u2018n wyle by die kamp se uitkyk spandeer en dopgehou hoe &#8216;n valkie &#8216;n slagoffer tussen die vlae vo\u00ebltjies probeer vang het. Na \u2018n verfrissende stort het ons die oggend se roete weer hoopvol aangepak. Na meer as twee ure op die pad het ons teruggery in die kamp in, sonder dat die kamera een keer nadergetrek was.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Teen die tyd wat die son begin sak het, het ons braaivleisvuurtjie al hard begin werk aan kole vir die aand se vleisie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Hier is &#8216;n paar fotos wat die dag geneem is:<\/h4>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-1202\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1202\" aria-describedby=\"caption-attachment-1202\" style=\"width: 2106px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1202\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-naby.jpg\" alt=\"\" width=\"2106\" height=\"1400\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-naby.jpg 2106w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-naby-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-naby-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Leeu-naby-1024x681.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 2106px) 100vw, 2106px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1202\" class=\"wp-caption-text\">Soekende leeu wyfie tuur oor die omgewing<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-1206\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1206\" aria-describedby=\"caption-attachment-1206\" style=\"width: 1008px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1206\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-2.jpg\" alt=\"\" width=\"1008\" height=\"756\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-2.jpg 1008w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-2-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Tande-manne-2-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1008px) 100vw, 1008px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1206\" class=\"wp-caption-text\">Oom Johan en Hendrik onderbreek hulle bedrywigheid vir &#8216;n foto<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image wp-image-1209 size-full\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1209\" aria-describedby=\"caption-attachment-1209\" style=\"width: 1008px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1209\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Datsun.jpg\" alt=\"\" width=\"1008\" height=\"756\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Datsun.jpg 1008w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Datsun-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Datsun-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1008px) 100vw, 1008px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1209\" class=\"wp-caption-text\">Hendrik se Groen Mamba<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-large wp-image-1200\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1200\" aria-describedby=\"caption-attachment-1200\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1200\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jongerige-jakkalsie-1024x652.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"652\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jongerige-jakkalsie-1024x652.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jongerige-jakkalsie-300x191.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jongerige-jakkalsie-768x489.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Jongerige-jakkalsie.jpg 1383w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1200\" class=\"wp-caption-text\">Jongerige jakkals by Kasperdraai<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-1201\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_1201\" aria-describedby=\"caption-attachment-1201\" style=\"width: 1504px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-1201\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Kgalagadi-wrak.jpg\" alt=\"\" width=\"1504\" height=\"1000\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Kgalagadi-wrak.jpg 1504w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Kgalagadi-wrak-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Kgalagadi-wrak-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/20181016-Kgalagadi-wrak-1024x681.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 1504px) 100vw, 1504px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1201\" class=\"wp-caption-text\">Een van die mooi Kgalagadi wrakke van die Nossob rivierloop<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=1766\">inleiding<\/a>\u00a0af. Of blaai hier na die\u00a0<a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=1108\">volgende dag<\/a>.<\/em><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Leeu van &#8216;n Vakansie! Soekende wyfie leeu, beseerde bruin hi\u00ebna en Hendrik se tande. Dinsdag &#8211; 2018\/10\/16 Vanoggend was dit nie die ongeduldige geneul van \u2018n wekker wat ons wakker gemaak het nie, maar die kamp geluide soos die ander kampeerders in Nossob uit die blokke kom vir die hek wat 6h oopmaak. So&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[107,105,41,2,62,39,30],"class_list":["post-1106","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-bruin-hiena","tag-edelvalk","tag-kaspersdraai","tag-kgalagadi","tag-leeu","tag-marie-se-gat","tag-nossob"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1106","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1106"}],"version-history":[{"count":11,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1106\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2598,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1106\/revisions\/2598"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1106"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1106"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1106"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}