{"id":2181,"date":"2023-03-19T22:00:34","date_gmt":"2023-03-19T20:00:34","guid":{"rendered":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2181"},"modified":"2024-12-27T16:13:02","modified_gmt":"2024-12-27T14:13:02","slug":"2023-noordkaap-dag-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2181","title":{"rendered":"2023 Noordkaap &#8211; Dag 2"},"content":{"rendered":"<h2>Die Noordkaap Verkenningsveldtog!<\/h2>\n<h3><strong>Deur die Wildeperdehoekpas na Hondeklipbaai<\/strong><\/h3>\n<h4><strong>Sondag \u2013 19 Maart 2023<\/strong><\/h4>\n<p>Of dit die opgewondenheid was van die onbekende wat voorgel\u00ea het en of dit maar net my middeljarige slegte slaap is, sal ek nie weet nie, maar Kathumzi se bed het al die slaap na Christoff se kant toe uitgedeel. Ek was al kort na 4h besig om skelm na roetes op my foon te kyk en teen halfses kon ek dit nie meer hou nie.<\/p>\n<p>Die dag het \u2018n beplande roete van 708 km ingehou, waarvan \u2018n deel grondpad sou wees deur \u2018n pas. Ons wou dus redelik vroeg in die pad val. Markus, van Kathumzi, was gaaf genoeg om ons ontbyt om te skakel in \u2018n padpakkie, sodat ons vinniger kon wegkom.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2204\" aria-describedby=\"caption-attachment-2204\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2204\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Roete-1024x550.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"537\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Roete-1024x550.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Roete-300x161.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Roete-768x413.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Roete.jpg 1304w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2204\" class=\"wp-caption-text\">Roete van Kathu na Hondeklipbaai<\/figcaption><\/figure>\n<p>Nadat ons alles teruggelaai het in Winston, was ons kort na 6h gereed om in die pad te val. Ek het weer die eerste skof gevat en sommer vroeg al verkeerd gery om by die estate uit te kom. Het toe maar Google ingespan en toe weer die regte pad aangedurf.<\/p>\n<p>Ons het so bietjie gestoei met ons nuwe GPS. Al ons aankomstye was baie later as wat Google Maps voorgestel het, so ons het maar beide aan die gang gehou net om te kyk dat ons darem op \u2018n redelike tyd by ons bestemming kan aankom.<\/p>\n<p>Eerste stop, voor ons uit die dorp ry, was om Winston se magie op te vul en vir ons koffie by Mc Donald\u2019s te kry, want dit was al wat oop was halfsewe op \u2018n Sondagoggend&#8230; Ons was skaars by die eerste mynhope verby, toe Christoff al in die kospakkie induik. Ons het heerlik gesmul aan die spek-en-eier-en-kaas roosterbroodjies.<\/p>\n<p>Van Kathu is ons deur Upington toe en kon ons ons verkyk aan die mooi Kalahari veld soos ons gery het. Upington se brandstof ingooi was die eerste van vele waar ons half benoud die winkeltjie moes ondersteun met die doel om R2 stukke te kry, sodat die draaihek van die badkamers kon oopgaan vir die nodige verligting.<\/p>\n<p>Van Upington af het Christoff weer die stuurwiel gevat en het die tog wes behoorlik begin, so al langs die Oranje rivier. Ons is deur Kakamas waar ons die Oranje gekruis het. Kort buite Kakamas was daar \u2018n bordjie na Augrabies en ons het besef dat \u2018n stuk van die dag se roete weer oor \u2018n paar dae in die ander rigting aangepak gaan word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2203\" aria-describedby=\"caption-attachment-2203\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2203 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Pofadder-1024x644.jpeg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"629\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Pofadder-1024x644.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Pofadder-300x189.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Pofadder-768x483.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Pofadder.jpeg 1225w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2203\" class=\"wp-caption-text\">Pofadder se wrakkie en Winston<\/figcaption><\/figure>\n<p>By Pofadder het ons gestop vir brandstof. Ons moes natuurlik ook eers die plaaslike dekor vasvang, saam met Winston&#8230; en sommer van die oortollige padkos uitdeel vir die jongetjies wat kom vra het vir broodjies.<\/p>\n<p>Van Pofadder was daar \u2018n lang stuk verby Aggeneys na Springbok. Die eentonigheid van die pad het Christoff sy middagslapie laat mis en ons het vinnig kante geruil. Ek het Winston nader gebring aan Springbok, so tussen 4e en 5e rat, veral as die lang bulte net bietjie te lank geraak het vir die 1500 enjintjie.<\/p>\n<p>Ek het my verkyk aan die klipkoppies soos ons nader aan Springbok gekom het en kon my net indink hoe die omgewing moet lyk in blomme tyd&#8230; Beslis iets wat op ons emmer-skop-lysie is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2205\" aria-describedby=\"caption-attachment-2205\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2205\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Wildeperdehoekpas-1024x626.jpeg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"611\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Wildeperdehoekpas-1024x626.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Wildeperdehoekpas-300x183.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Wildeperdehoekpas-768x469.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Wildeperdehoekpas.jpeg 1308w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2205\" class=\"wp-caption-text\">Eerste grondpad pas vir Winston<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die mense van Hondeklipbaai het \u2018n inligtingstukkie gestuur om te verduidelik die GPS sal mens deur Wildeperdehoekpas neem van Springbok af&#8230; EN om in Springbok brandstof in te gooi, want dis die naaste vulstasie. So ons was gehoorsaam. Ons het ook die pompjoggie gevra of die pas tans gangbaar is. Hy het ietwat skepties na Winston gekyk, maar toe Christoff verduidelik dis \u2018n 4&#215;4 het hy ges\u00ea ons kan dan maar so om ry.<\/p>\n<p>So vat Winston toe sy eerste amptelike grondpad \u2013 en 4&#215;4 roete \u2013 kort anderkant Springbok&#8230; met \u2018n GPS wat ons die hele tyd wil laat omdraai teerpad toe. Gelukkig was Google Maps gerat vir die pad en het ons maar net daardie blou strepie gevolg \u2013 selfs toe daar later nie meer netwerk was nie.<\/p>\n<p>Die ongeveer 118km tussen Springbok en Hondeklipbaai was net 14km teerpad en dis die eerste 14km uit Springbok uit op die N7.<\/p>\n<p>Die grondpad het begin met vlaktes en verlangse koppies en soos ons gedaal het, het ons nader aan die koppies gekom en moes ons selfs met tye die kort stokkie inspan \u2013 dis nou Winston se 4-by-4\u00a0 funksie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2200\" aria-describedby=\"caption-attachment-2200\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2200\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Grondpad.jpeg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"638\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Grondpad.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Grondpad-300x187.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Grondpad-768x479.jpeg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2200\" class=\"wp-caption-text\">Klipkoppies in die Wildeperdehoekpas<\/figcaption><\/figure>\n<p>Teen die laaste styl afdraande van die pas het daar \u2018n vaal, dro\u00eb vlakte voor ons uitgestrek, tot waar mens kilometers weg \u2018n skynsel van die see kon sien. Ons fotos vir daardie omgewing is min, want ons is uit oefening uit om meer gereeld fotos te neem, maar die fotos laat die wydheid wat mens aanskou nooit tot sy reg kom nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2210\" aria-describedby=\"caption-attachment-2210\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2210 size-medium\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Satelliet-foto-300x276.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"276\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Satelliet-foto-300x276.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Satelliet-foto.jpg 761w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2210\" class=\"wp-caption-text\">Met komplimente van Google Earth<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ek het Google se Satelliet fotos gaan raadpleeg om die effek te probeer verduidelik, want as jy afkom uit die pas (waar die rooi plottertjie is), is dit net rooi en vaal vlakte met so effe van \u2018n blou skynsel op die horison\u2026 en dis amper 50km tot by die see.<\/p>\n<p>Ons het toe opge\u00ebindig om 719km te ry, want ons het van die Wildeperhoekpas af, so bietjie van \u2018n draai gery. As ons die beplande roete sou ry, sou ons by Koingnaas gedraai het, maar ons het nie. Daar was ook hier en daar verbleikte pad-predikante wat bevestig het Google het ons darem op die regte pad. Ons het tussen Hondeklipbaai, Soebatsfontein en Koingnaas bordjies iewers die Swartlintjiesrivier gekruis en 15km buite Hondeklipbaai ingekom op die pad wat ons seker van die N7 af sou gery het&#8230; steeds grondpad.<\/p>\n<p>Die laaste 15km van die pad was erg sinkplaat, maar ons het vasgehou en deurgedruk. Daar was ook hier en daar verbleikte pad-predikante wat bevestig het Google het ons darm op die regte pad.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2208\" aria-describedby=\"caption-attachment-2208\" style=\"width: 1382px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2208\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/NK-Dag-2-Roete.jpg\" alt=\"\" width=\"1382\" height=\"669\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/NK-Dag-2-Roete.jpg 1382w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/NK-Dag-2-Roete-300x145.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/NK-Dag-2-Roete-1024x496.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/NK-Dag-2-Roete-768x372.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1382px) 100vw, 1382px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2208\" class=\"wp-caption-text\">Wat ons wel gery het<\/figcaption><\/figure>\n<p>By <strong><a href=\"https:\/\/www.honnepondokkies.co.za\/\">Honne Pondokkies<\/a><\/strong> aangekom, was daar net genoeg sein dat ons die mense kon kontak om vir ons te kom oopmaak. <strong>Pondokkie 1<\/strong> was ons bestemming vir die nag en Winston kon bietjie sy bene rus. Marietjie het ons verwelkom en ons het sommer gou by haar hout ook gekoop vir ons aand se braai.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2202\" aria-describedby=\"caption-attachment-2202\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2202\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklipbaai-1024x658.jpeg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"643\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklipbaai-1024x658.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklipbaai-300x193.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklipbaai-768x493.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklipbaai.jpeg 1309w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2202\" class=\"wp-caption-text\">Ons het arriveer!<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het afgepak en gaan bene rek strand se kant toe. Dit is maar \u2018n paar honderd meter weg, so die bene rek was van korte duur. Ons het bietjie rondgestaan daar en van die plaaslike mense het verbygekom met hulle Sondagmiddag-stappie. Vir die res was die dorpie maar baie stil.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2201\" aria-describedby=\"caption-attachment-2201\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2201 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklip-Baai-1024x661.jpeg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"646\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklip-Baai-1024x661.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklip-Baai-300x194.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklip-Baai-768x496.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklip-Baai-1536x991.jpeg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Hondeklip-Baai.jpeg 2035w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2201\" class=\"wp-caption-text\">Die baai van Hondeklipbaai<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het teruggestap en \u2018n draai deur die terrein gestap. Daar is \u2018n paar huisies (pondokkies) en \u2018n staanplek of twee&#8230; en baie oulike dekor.<\/p>\n<p>Pondokkie 1 het \u2018n braai kamer en terwyl Christoff die vuur gepak en aangesteek het, het ek die slaai goed opgediep uit die kamp-yskassie&#8230; Wat toe bietjie van \u2018n kamp-vrieskassie was. Ons het dit so lank laas gebruik, dat ons nie eers meer die regte temperature kon onthou waarteen dit gestel moes wees om die gevriesde hoekie gevries te hou, maar die groter spasie net as koelkas te gebruik nie&#8230; maar slaai het ons slaai ge\u00ebet, minus \u2018n paar bestandele wat nie die ontdooi-proses so lekker oorleef het nie.<\/p>\n<p>Ons was heerlik besig om te smul aan gebraaide half hoenders, slaai en knoffelbroodjies, toe daar \u2018n man deur die hek kom en \u2018n kreef uit sy rugsak trek. Ongelukkig kon ons hom nie ondersteun nie, want Christoff is erg allergies vir kreef. Hy het gelukkig by van die ander inwoners reggekom met besigheid.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2199\" aria-describedby=\"caption-attachment-2199\" style=\"width: 1157px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2199\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Dekor-e1679927270216.jpg\" alt=\"\" width=\"1157\" height=\"586\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Dekor-e1679927270216.jpg 1157w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Dekor-e1679927270216-300x152.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Dekor-e1679927270216-1024x519.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/Dag-2-Dekor-e1679927270216-768x389.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1157px) 100vw, 1157px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2199\" class=\"wp-caption-text\">Honne Pondokkie dekor<\/figcaption><\/figure>\n<p>Soos wat die son oor die water begin sak het, was daar lewe in die see. \u2018n Water-blasery het ons aandag getrek en nadat die walvis se stert die eerste keer die water laat spat het, het ons die see spits dopgehou vir elke beweging, totdat dit donker begin raak het.<\/p>\n<p>Ons het ons goedjies ingedra en op die sitkamer bankie gaan stelling inneem om die Saudi Formule 1 wedren te kyk. Wel, ons het die begin gesien en die einde, maar tussenin was die ooglede soms net te swaar. Ons het kort na die wit-en-swart vlaggie gewaai is, maar gaan tande krap en in die kooi geklim.<\/p>\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<\/em><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=2195\"><em>inleiding<\/em><\/a><em>\u00a0af. Of blaai hier na die\u00a0<\/em><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2183\"><em>volgende dag<\/em><\/a><em>.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Noordkaap Verkenningsveldtog! Deur die Wildeperdehoekpas na Hondeklipbaai Sondag \u2013 19 Maart 2023 Of dit die opgewondenheid was van die onbekende wat voorgel\u00ea het en of dit maar net my middeljarige slegte slaap is, sal ek nie weet nie, maar Kathumzi se bed het al die slaap na Christoff se kant toe uitgedeel. Ek was&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[148,151,141,146,145,27,144,147,150,47,149,143],"class_list":["post-2181","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-hondeklipbaai","tag-honnepondokkies","tag-jimny","tag-kakamas","tag-kalahari","tag-kathu","tag-kathumzi","tag-pofadder","tag-springbok","tag-upington","tag-wildeperdehoekpas","tag-winston"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2181"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2181\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2637,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2181\/revisions\/2637"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}