{"id":2183,"date":"2023-03-20T22:00:10","date_gmt":"2023-03-20T20:00:10","guid":{"rendered":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2183"},"modified":"2024-12-27T16:12:04","modified_gmt":"2024-12-27T14:12:04","slug":"2023-noordkaap-dag-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2183","title":{"rendered":"2023 Noordkaap &#8211; Dag 3"},"content":{"rendered":"<h2>Die Noordkaap Verkenningsveldtog!<\/h2>\n<h3><strong>Kuslangs na Port Nolloth<\/strong><\/h3>\n<h4><strong>Maandag \u2013 20 Maart 2023<\/strong><\/h4>\n<p>Maandagoggend was ons behoorlik traag uit die vere. Die eerste deel van die nag was \u2018n gestoei met kamikazi muskiete, totdat ons die Peaceful Sleep matjie begin opwarm het.<\/p>\n<p>Na die eerste koppie koffie en \u2018n beskuitjie of twee, het ons begin lewe kry. Christoff het gaan stort, terwyl ek die kombuis getakel het en toe ek myself gaan skoon kry het Christoff begin pak&#8230; Dit was tyd vir die roete op na McDougalls baai, Port Nolloth.<\/p>\n<p>Ek begin sommer met die amptelike kaart van hoe ons gery het, met satelliet fotos as agtergrond, om \u2018n beter gevoel van die omgewing te gee.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2219\" aria-describedby=\"caption-attachment-2219\" style=\"width: 613px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2219\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/NK-Dag-3.jpg\" alt=\"\" width=\"613\" height=\"655\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/NK-Dag-3.jpg 613w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/NK-Dag-3-281x300.jpg 281w\" sizes=\"auto, (max-width: 613px) 100vw, 613px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2219\" class=\"wp-caption-text\">Kuslangs na Port Nolloth<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar was so bietjie van \u2018n misverstand tussen Christoff en Marietjie, van Honne Pondokkies. Ons wou kus langs op ry Port Nolloth toe \u2013 soos aangedui op die kaart \u2013 en Marietjie het volgehou daar is nie \u2018n pad nie&#8230; Toegegee, sy kon dalk gedink het hy bedoel strandlangs, aangesien Winston kan deurgaan as \u2018n strandloper&#8230; maar dit was nie heeltemal die bedoeling van \u201ckus langs\u201d nie.<\/p>\n<p>So kies ons koers na Koingnaas, al met die sinkplaatpad saam. \u2018n Polisiebakkie het ons kort buite Hondeklipbaai verby gevat en ons het verby \u2018n MP-bakkie gery. Ek noem die voertuie, want die vorige dag was daar geen ander voertuie op die grondpad nie.<\/p>\n<p>Die pad van Hondeklipbaai na Koingnaas is \u2018n bre\u00eb grondpad, maar goed uitgetrap, met \u2018n tydelike brug waar mens oor die Swartlintjiesrivier gaan. Die eerste tydelike brug was weggespoel tydens die laaste vloede in die omgewing.<\/p>\n<p>Kort voor lank maak die pad \u2018n draai na die kus en daar verskyn die klein myndorpie voor ons.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2215 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Koingnaas-e1680342382853.jpeg\" alt=\"\" width=\"942\" height=\"555\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Koingnaas-e1680342382853.jpeg 942w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Koingnaas-e1680342382853-300x177.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Koingnaas-e1680342382853-768x452.jpeg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 942px) 100vw, 942px\" \/><\/p>\n<p>Checkpoint Drive het voor ons gewink en dit raak teer sodra mens verby die Koingnaas bord ry. Dit dien ook as die Namaqwa Coastal Drive&#8230; \u2018n teerpad al teen die kus op tot by Kleinsee&#8230; Kyk jy regs, is dit vaal vlakte en dro\u00eb bossies binneland toe. Kyk jy links, is dit vaal vlakte en dro\u00eb bossies see se kant toe. Plek-plek was ons bederf met \u2018n dippie af see toe waar mens die branders kon sien uitrol strand toe.<\/p>\n<p>Dit was amper 2 ure nadat ons weg is uit Hondeklipbaai en teen die tyd was ons al baie lus vir koffie&#8230; Ons het weer Google ingespan en daar het \u2018n koffie winkel\/restaurantjie opgepop, maar ongelukkig vir ons, was daar na 10h in die oggend nog geen teken van lewe daar nie.<\/p>\n<p>In ons soeke deur die dorp, eindig ons toe op by Crazy Crayfish \u2013 wat ook toe was \u2013 maar baie oulike fotos opgelewer het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2213\" aria-describedby=\"caption-attachment-2213\" style=\"width: 1280px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2213\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Crazy-Crayfish.jpg\" alt=\"\" width=\"1280\" height=\"720\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Crazy-Crayfish.jpg 1280w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Crazy-Crayfish-300x169.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Crazy-Crayfish-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Crazy-Crayfish-768x432.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1280px) 100vw, 1280px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2213\" class=\"wp-caption-text\">Crazy Crayfish dekor<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dis duidelik dat restaurante op Maandae nog toe is op die klein dorpies, so die soeke na koffie was onsuksesvol en ons kon ook nie \u2018n lekker staanplekkie kry waar ons vir onsself kon koffie maak nie. So druk ons toe deur van Kleinsee af Port Nolloth toe.<\/p>\n<p>Mens is skaars uit Kleinsee uit, dan is dit weer sinkplaatpad en anders as oppad Hondeklipbaai toe, was daar weliswaar \u2018n paar voertuie wat van voor af gekom het. Waarskynlik omdat dit die enigste pad tussen die twee dorpies is, as jy nie \u2018n baie groot ompad wil ry nie.<\/p>\n<p>16km voor ons bestemming, het ons teruggeklim op die R382 teerpad na Port Nolloth van Steinkopf af. Net voor Port Nolloth swaai mens links na McDougalls baai&#8230; By <strong><a href=\"https:\/\/dis-al-akkommodasie-selfsorg-self-catering.business.site\/\">Dis Al!<\/a><\/strong> aangekom, was ons heelwat vroe\u00ebr as die inkloktyd. Lynette was darem gaaf genoeg om vir ons iets te probeer re\u00ebl. Terwyl ons haar aan haar re\u00eblings oorgelaat het, het ons \u2018n draai deur McDougalls baai se straatjies gery en die verskillende vakansie-huis name bekyk en lekker gegiggel oor \u2018n paar.<\/p>\n<p>Ons is terug na Dis Al! en het langs ons <strong><em>Droom<\/em> <\/strong>huisie (dis die huisie se naam) Winston se wiele in die sand gaan inskop en begin aflaai.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2214\" aria-describedby=\"caption-attachment-2214\" style=\"width: 1312px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2214\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Droom.jpeg\" alt=\"\" width=\"1312\" height=\"984\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Droom.jpeg 1312w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Droom-300x225.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Droom-1024x768.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Droom-768x576.jpeg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1312px) 100vw, 1312px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2214\" class=\"wp-caption-text\">Droom huisie in McDougalls baai<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het die koffie maar laat staan en met \u2018n koue enetjie die uitsig van die stoepie af geniet.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2218\" aria-describedby=\"caption-attachment-2218\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-2218\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Uitsig-300x225.jpeg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Uitsig-300x225.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Uitsig-1024x768.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Uitsig-768x576.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Uitsig-1536x1152.jpeg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Uitsig.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2218\" class=\"wp-caption-text\">Uitsig van die Droom huisie se stoep af<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het later die middag ingery Port Nolloth toe, op soek na hout. Op aanbeveling van Lynette kon ons die Spar of die motorhawe probeer. Oppad in was daar \u2018n Onse Winkel wat hout in die venster gehad het, maar ons het eers \u2018n draai gery motorhawe toe, omdat ons Winston se dors moes gaan les.<\/p>\n<p>Daar was \u2018n groterige winkeltjie by die motorhawe waar ek bietjie rondgesnuffel het, terwyl Christoff die brandstof-administrasie hanteer het. Buiten vir \u2018n paar lang kouse vir Christoff, was dit net my lus vir aartappelskyfies wat iets op die toonbank laat beland het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2217\" aria-describedby=\"caption-attachment-2217\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2217\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Strand-1024x768.jpeg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"750\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Strand-1024x768.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Strand-300x225.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Strand-768x576.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Strand-1536x1152.jpeg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Strand.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2217\" class=\"wp-caption-text\">Laagwater foto van die strand by ons huisie<\/figcaption><\/figure>\n<p>Vir die hout het ons toe maar by Onse Winkel gestop. Wat nogal ironies was, is dat Onse Winkel deur Pakistanies bedryf word. Ons het nietemin behoorlike braaihout gekry en sommer 4 sakke op Winston se dak vasgemaak.<\/p>\n<p>Terug by ons Droom huisie, het ons eers kaalvoet oor die pad gesuiker om te gaan kyk of ons op die strand kon stap, maar dit was ons nie heeltemal beskore nie. Dit was hoogwater en ons kon nie regtig verby die karavaanpark se heining afgaan strand toe nie. Die seewind het ook \u2018n reukie aangedra wat \u2018n stap tussen die uitgespoelde seewier na \u2018n minder lekker vooruitsig laat lyk het.<\/p>\n<p>Christoff het die vuur begin pak en ek het die slaaigoed nader getrek en so kuier-kuier op die stoepie het die vuur en slaai vorm aangeneem.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2216\" aria-describedby=\"caption-attachment-2216\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2216\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Kosmaak-1024x569.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"556\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Kosmaak-1024x569.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Kosmaak-300x167.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Kosmaak-768x427.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/Dag-3-Kosmaak.jpg 1091w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2216\" class=\"wp-caption-text\">Droom van &#8216;n braaier&#8230; en die slaai-maker aan diens<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het net klaar opgeruim na ete en weer op die stoep gaan stelling inneem, toe \u2018n wit Jimny voor die deur kom parkeer. Die McDougalls baaier het Winston gesien en het \u2018n paar vrae gehad oor die veranderinge wat ons aangebring het en hoe ons die karretjie ervaar. Dit het in \u2018n lekker lang gesprek ontaard, terwyl die son oor die see gesak het.<\/p>\n<p>Nadat ons kuiergas gery het, het ons nog \u2018n wyle op die stoep vertoef, voor ons die kamer gaan pantser het teen enige muskietaanvalle vir die nag.<\/p>\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<\/em><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=2195\"><em>inleiding<\/em><\/a><em>\u00a0af. Of blaai hier na die\u00a0<\/em><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2185\"><em>volgende dag<\/em><\/a><em>.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Noordkaap Verkenningsveldtog! Kuslangs na Port Nolloth Maandag \u2013 20 Maart 2023 Maandagoggend was ons behoorlik traag uit die vere. Die eerste deel van die nag was \u2018n gestoei met kamikazi muskiete, totdat ons die Peaceful Sleep matjie begin opwarm het. Na die eerste koppie koffie en \u2018n beskuitjie of twee, het ons begin lewe&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[148,141,153,152,155,154,143],"class_list":["post-2183","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-hondeklipbaai","tag-jimny","tag-kleinsee","tag-koingnaas","tag-mcdougalls-baai","tag-port-nolloth","tag-winston"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2183","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2183"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2183\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2636,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2183\/revisions\/2636"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2183"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2183"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2183"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}