{"id":2189,"date":"2023-03-23T22:00:31","date_gmt":"2023-03-23T20:00:31","guid":{"rendered":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2189"},"modified":"2024-12-27T16:18:01","modified_gmt":"2024-12-27T14:18:01","slug":"2023-noordkaap-dag-6","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2189","title":{"rendered":"2023 Noordkaap &#8211; Dag 6"},"content":{"rendered":"<h2>Die Noordkaap Verkenningsveldtog!<\/h2>\n<h3><strong>Uit die Richtersveld na Augrabies<\/strong><\/h3>\n<h4><strong>Donderdag \u2013 23 Maart 2023<\/strong><\/h4>\n<p>Die stilte van die nag was amper tasbaar. Daar was nie diertjies wat geroep het nie, maar daar was wel snuffelaars wat ons asblik iewers in die nag omgegooi het. Gelukkig was daar nie veel of skadelike goed om te aas nie.<\/p>\n<p>Ek was weer voor Christoff wakker, maar het besluit om eerder die ketel aan die gang te kry, as om hom te lank te los. Ons het \u2018n redelike stuk pad voor ons gehad vir die dag. Met die lig aan in die kombuis en my gekarring by die gasstoof, was dit nie lank voor Christoff by my oorgevat het nie.<\/p>\n<p>Ons het so tussen die koffie deur sommer begin inpak, min wetend dat dit ons enigste koppie koffie vir die dag sou wees. Om tyd te spaar, het ons besluit om sommer die stort ook uit te stel tot by Augrabies. Dit was \u2018n goeie besluit, want toe ek \u2018n laaste draai loop voor ons gaan inklim, gewaar ek \u2018n sandkleurige skerpioentjie vasgekeer in die stort. Die lyf was seker so duim lank, sonder die stert&#8230; En toe ek later weer kyk, kon ek die outjie nie gewaar nie. Hy sou dalk een van ons onkant gevang het, as ons wel gaan stort het.<\/p>\n<p>Ons het ons gasheer gaan wakker klop, net om te groet en toe vat ons pad. Die plan was om die ongeveer 40km hek toe in so 90 minute te doen, sodat ons die beplande 646 km rustiger kon vat en vir onsself bietjie tyd by Augrabies te maak&#8230; Wel, dit was die plan.<\/p>\n<p>Sonder selfoon opvangs, was ons gewapen met die Sanparke kaart&#8230; en \u2018n gewillige Winston. Ongelukkig, as jy die bakens op die kaart en die langs die pad verkeerd lees, dan veroorsaak jy verdwaalpaaie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2269\" aria-describedby=\"caption-attachment-2269\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2269 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Verdwaalpad-1024x683.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"667\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Verdwaalpad-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Verdwaalpad-300x200.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Verdwaalpad-768x512.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Verdwaalpad.jpg 1233w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2269\" class=\"wp-caption-text\">Verdwaalpad in die Richtersveld<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die <em>South Africa pin<\/em> onder die kamp, is waar die GPS se pad opgehou het&#8230; ons het nog \u2018n entjie ondertoe gery, totdat ons op \u2018n stadium moes toegee ons is nie meer op enige pad nie. Dit was iewers in \u2018n dro\u00eb rivierloop.<\/p>\n<p>Ons het maar omgedraai en ons spore terug gevolg. Ek het die GPS aan die gang probeer kry, maar dit was duidelik ons was nie op enige gedokumenteerde pad nie. Rondom waar die pin is, is waar die GPS ons ook weer opgetel het&#8230; Terug by die bordjies naby die kamp, het ons tussen die kaart en die GPS weer ons pad gevind.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2268\" aria-describedby=\"caption-attachment-2268\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2268\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Rooi-sand-1024x768.jpeg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"750\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Rooi-sand-1024x768.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Rooi-sand-300x225.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Rooi-sand-768x576.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Rooi-sand-1536x1152.jpeg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Rooi-sand.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2268\" class=\"wp-caption-text\">Rooi sandstrook na die berge<\/figcaption><\/figure>\n<p>Voor ons by die pas gekom het, was daar \u2018n strook rooierige sand wat die aanloop na die berge toe uitgekloof het. Daar was \u2018n paar lieflike plekke deur die Helskloof pas en die uitsig van bo af was die moeite werd om voor te stop om \u2018n foto te neem.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2265\" aria-describedby=\"caption-attachment-2265\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2265\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Helskloofpas-uitsig-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"665\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Helskloofpas-uitsig-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Helskloofpas-uitsig-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Helskloofpas-uitsig-768x510.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Helskloofpas-uitsig-1536x1021.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Helskloofpas-uitsig.jpg 1685w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2265\" class=\"wp-caption-text\">Uitsig van die Helskloofpas<\/figcaption><\/figure>\n<p>So arriveer ons eers halfelf by die hek en \u2018n William wat met \u2018n bre\u00eb glimlag wil hoor hoe ons hulle w\u00eareld ervaar het. Ons het vinnig praatjies gemaak en terwyl ek badkamer toe gedraf het, het Christoff by hom gehoor of daar \u2018n kortpad was as ons Augrabies se koers toe moes gaan&#8230; Hy\u2019t voorgestel ons ry Eksteenfontein om.<\/p>\n<p>Christoff het die GPS beetgepak en begin soek na Eksteenfontein en ek het agter die stuurwiel ingeklim. Dit was \u2018n oop grondpad voor my, mooi wye paaie&#8230; maar so erg sinkplaat op plekke, dat ek Winston se 4&#215;4 High gebruik het, net om nie my tande los te skud nie.<\/p>\n<p>Maar selfs so met die sinkplaatpad saam, was daar steeds mooi tonele en het die Richtersveld vir \u2018n windpomp-foto saam met Winston gesorg.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2270\" aria-describedby=\"caption-attachment-2270\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2270\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Winston-Windpomp-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"665\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Winston-Windpomp-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Winston-Windpomp-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Winston-Windpomp-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Winston-Windpomp-1536x1021.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Winston-Windpomp-2048x1362.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2270\" class=\"wp-caption-text\">Winston se eerste Windpomp foto<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons kon \u2018n redelike spoed op die grondpad handhaaf, maar kort voor ons Eskteenfontein ingery het, was daar weer \u2018n deel van die pad waar die 4&#215;4 Low Range aangewend moes word.<\/p>\n<p>Ons het rondom een uur in die dorpie ingery. Eksteenfontein is \u2018n klein dorpie. Ons het egter net lank genoeg gestop om seker te maak ons vat die regte pad uit die dorpie uit. Daar was nog \u2018n paar honderd kilometer om te gaan en Winston is nie haastig nie.<\/p>\n<p>Na Eksteenfontein het die grondpad ook beter geraak en \u2018n bakkie of twee het ons verbygevat, voor ons 40km buite Steinkopf op teerpad geklim het. Van Steinkopf af was ons op die N7 tot op Springbok. Dit was minder inspannend, maar beslis nie Winston se <em>forte<\/em> nie.<\/p>\n<p>Springbok se stop was ook net lank genoeg om Winston se maag vol te maak, voor ons weer pad gevat het. Die wind wat ons saamgesleep het Richtersveld toe, het ons weer op die N14 gevang oppad Aggeneys toe, wat gemaak het dat Winston gesukkel het om by 120km \u2018n uur uit te kom. Die wind het gepaard gegaan met swaar re\u00ebn.<\/p>\n<p>Kort voor Pofadder het ek besef ons gaan nie binne normale werkstyd by Augrabies arriveer nie. So begin ek nommers soek om uit te vind tot hoe laat ons kan aanmeld en wat gaan gebeur as ons laat is.<\/p>\n<p>Google se nommers vir Augrabies is nie reg nie, maar ek het gelukkig die regte nommers op die Sanparke webblad gekry&#8230; en was nog meer verlig toe ek hoor hulle ontvangs is oop tot halfsewe.<\/p>\n<p>Teen die tyd wat ons by Pofadder ingery het, was dit amper skemer so swaar was die wolke nog. Ek het vinnig iets vir ons magies gekry, terwyl Christoff weer Winston se dors geles het&#8230;<\/p>\n<p>Kort voor Kakamas, met Winston wat stoei teen die wind, was daar \u2018n grondpad wat links afgedraai het van die N14 af, wat die draai deur Kakamas kon uitsny&#8230; So toe vat ons dit&#8230; En Winston hardloop die 17km grondpad sommer vinnig-vinnig kaf.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2267\" aria-describedby=\"caption-attachment-2267\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2267\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Roete-1024x474.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"463\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Roete-1024x474.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Roete-300x139.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Roete-768x356.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Roete-1536x711.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Roete.jpg 1905w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2267\" class=\"wp-caption-text\">Soos die dag se roete uitgedraai het<\/figcaption><\/figure>\n<p>Halfses ry ons by Augrabies in. Die staf was baie vriendelik en binne \u2018n paar minute was ons oppad na die <strong><em>Oranjekom Gorge Cottage<\/em><\/strong> toe. Hulle kon dit maar Gorgeous Gottage genoem het, want met die uitsig wat ons van die stoep af begroet het, sou dit nie \u2018n leun gewees het nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2266\" aria-describedby=\"caption-attachment-2266\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2266\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Oranjekom-Augrabies-1024x768.jpeg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"750\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Oranjekom-Augrabies-1024x768.jpeg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Oranjekom-Augrabies-300x225.jpeg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Oranjekom-Augrabies-768x576.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Oranjekom-Augrabies-1536x1152.jpeg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-6-Oranjekom-Augrabies.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2266\" class=\"wp-caption-text\">Die uitsig wat jou begroet by die Gorge Cottage<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die eerste prioriteit \u2013 na die afpak \u2013 was om die vuur aan die gang te kry. En met \u2018n glasie geskink, kon ons rustig raak&#8230; Ons het die Richtersveld se stilte verruil vir die gedruis van die Oranje rivier.<\/p>\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<\/em><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=2195\"><em>inleiding<\/em><\/a><em>\u00a0af. Of blaai hier na die\u00a0<\/em><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2191\"><em>volgende dag<\/em><\/a><em>.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Noordkaap Verkenningsveldtog! Uit die Richtersveld na Augrabies Donderdag \u2013 23 Maart 2023 Die stilte van die nag was amper tasbaar. Daar was nie diertjies wat geroep het nie, maar daar was wel snuffelaars wat ons asblik iewers in die nag omgegooi het. Gelukkig was daar nie veel of skadelike goed om te aas nie.&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[164,166,162,163,141,165,147,158,150,96,143],"class_list":["post-2189","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-augrabies","tag-eksteenfontein","tag-gannakouriep","tag-helskloofpas","tag-jimny","tag-oranjekom-gorge-cottage","tag-pofadder","tag-richtersveld","tag-springbok","tag-windpomp","tag-winston"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2189","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2189"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2189\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2641,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2189\/revisions\/2641"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2189"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2189"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2189"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}