{"id":2193,"date":"2023-03-25T22:00:00","date_gmt":"2023-03-25T20:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2193"},"modified":"2024-12-27T16:23:16","modified_gmt":"2024-12-27T14:23:16","slug":"2023-noordkaap-dag-8","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2193","title":{"rendered":"2023 Noordkaap &#8211; Dag 8"},"content":{"rendered":"<h2>Die Noordkaap Verkenningsveldtog!<\/h2>\n<h3><strong>Voorwaarts huistoe<\/strong><\/h3>\n<h4><strong>Saterdag \u2013 25 Maart 2023<\/strong><\/h4>\n<p>Ons was vroeg Saterdagoggend wakker en na \u2018n vinnige koppie koffie het ons altwee besluit om nie die sinkbadjie in die badkamer aan te durf nie. Ons sou maar die middag tuis ons lywe in ons eie stort gaan lawe.<\/p>\n<p>Ons het besluit om die anderkant van die dorp te gaan verken, waar daar \u2018n paar pragtige huise was. Ons het maar vinnig gaan brandstof ingooi by Orania Motors en om gou by een van die dorp se besigheidskompleksies in te stap. Ons was eintlik nog te vroeg om enige besighede oop te vang.<\/p>\n<p>Stokkiesdraai se mense was al aan die gang en was vriendelik genoeg om vir ons \u2018n koffietjie te maak wat ons op die pad kon saamvat. Terwyl ons gewag het vir koffie, het sy vir ons verduidelik van die Ora. Orania se geldeenheid\/koeponstelsel, wat die verskillende fases van \u2018n lewe uitbeeld, asook die verskillende boublokke van \u2018n samelewing&#8230; Landbou, beheerliggame, taal, ekonomie en geloof.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2284\" aria-describedby=\"caption-attachment-2284\" style=\"width: 132px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-2284\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG_7382-132x300.jpeg\" alt=\"\" width=\"132\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG_7382-132x300.jpeg 132w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG_7382-450x1024.jpeg 450w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG_7382-768x1747.jpeg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG_7382-675x1536.jpeg 675w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/IMG_7382.jpeg 890w\" sizes=\"auto, (max-width: 132px) 100vw, 132px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2284\" class=\"wp-caption-text\">Orania se Ora<\/figcaption><\/figure>\n<p>Met koffie in die hand en \u2018n 10 Ora noot in my beursie, is ons weg by Stokkiesdraai. Ons het by die motorhawe se winkel ingestap op soek na koeksisters \u2013 dit is dan Orania.<\/p>\n<p>So begin die laaste skof terug Pretoria toe.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2285\" aria-describedby=\"caption-attachment-2285\" style=\"width: 586px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2285\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Roete.jpg\" alt=\"\" width=\"586\" height=\"485\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Roete.jpg 586w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Roete-300x248.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 586px) 100vw, 586px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2285\" class=\"wp-caption-text\">Reguit huistoe<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die stuk pad tot by die N8 het \u2018n paar verleggings gehad, maar dit was meestal geteer. By Koffiefontein se wegdraai\u00a0 was ons voor in die tou by die verlenging se stop en kon ons al giggelend luister na die Xhariep distrik se mense.<\/p>\n<p>Die N8 was self nie veel meer as \u2018n gewone dubbelpad nie, maar het meer verkeer gedra as wat ons in die afgelope paar dae beleef het.<\/p>\n<p>Toe ons op die N1 klim, het ons gedink ons opwinding is verby en dis nou maar net Winston-pas huistoe&#8230; Toe nou nie. Die oorspronklike 686km huistoe, was so bietjie verleng met \u2018n stukkie grondpad.<\/p>\n<p>Anderkant Winburg kom die verkeer tot stilstand. Na \u2018n rukkie begin die mense uitklim uit die voertuie en probeer uitvind wat aangaan. Daar kom geen verkeer van voor af nie. Die oom wat agter ons gestop het, het kom geselsies maak en uitvra waar ons rondgery het. Jimnys is altyd \u2018n aanknopingspunt vir geselsies.<\/p>\n<p>Na 20 minute was daar steeds geen amptelike nuus nie en ook geen verkeer van voor af nie, wat beteken het daar moes \u2018n oponthoud wees wat beide bane tot stilstand gebring het. Ons het Google Maps nader getrek en geloer vir enige ompaaie&#8230; en so eindig ons op die Dampoort pad op, wat kort by Aldam gaan draai en dan terugklim op die N1. Ons het so 4km teruggery tot waar die grondpad afdraai en 10km later, was ons terug op die teer.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2286\" aria-describedby=\"caption-attachment-2286\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2286 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Ompad-1024x666.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"650\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Ompad-1024x666.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Ompad-300x195.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Ompad-768x499.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/Dag-8-Ompad.jpg 1334w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2286\" class=\"wp-caption-text\">Ompad by Aldam<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het so 3-4 voertuie van voor af gekry op die grondpad, wat ook \u2018n alternatief gesoek het, maar nadat ons teruggeklim het op die N1, was daar slegs aankomende verkeer. Ons het naby Ventersburg vir die eerste keer weer verkeer aan ons kant van die snel begin kry.<\/p>\n<p>Wat presies daar gebeur het, weet ons steeds nie, maar danksy Winston het ons nie nodig gehad om te lank daar rond te hang nie.<\/p>\n<p>Terug by die huis was ons binne minute afgelaai. Ons het gesout geraak oor die afgelope week&#8230; Die uitpak het bietjie langer geneem, vir alles wat nie net reguit wasgoedmandjie toe is nie. Maar kort voor lank kon ons langbeen met \u2018n glasie lafenis op die stoep gaan sit&#8230; Wat \u2018n ervaring was dit nie!<\/p>\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<\/em><a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=2195\"><em>inleiding<\/em><\/a><em>\u00a0af.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Noordkaap Verkenningsveldtog! Voorwaarts huistoe Saterdag \u2013 25 Maart 2023 Ons was vroeg Saterdagoggend wakker en na \u2018n vinnige koppie koffie het ons altwee besluit om nie die sinkbadjie in die badkamer aan te durf nie. Ons sou maar die middag tuis ons lywe in ons eie stort gaan lawe. Ons het besluit om die&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[141,167,169,143],"class_list":["post-2193","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-jimny","tag-orania","tag-stokkiesdraai","tag-winston"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2193","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2193"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2193\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2645,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2193\/revisions\/2645"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2193"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2193"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2193"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}