{"id":2310,"date":"2024-01-14T22:00:48","date_gmt":"2024-01-14T20:00:48","guid":{"rendered":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2310"},"modified":"2026-01-18T15:08:23","modified_gmt":"2026-01-18T13:08:23","slug":"2024-kgalagadi-dag-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2310","title":{"rendered":"2024 Kgalagadi &#8211; Dag 2"},"content":{"rendered":"<h2>Somer in die Kgalagadi!<\/h2>\n<h3><strong>Twee Rivieren &#8211; hier&#8217;s ons weer!<\/strong><\/h3>\n<h4><strong>Sondag \u2013 14 Januarie 2024<\/strong><\/h4>\n<p>Christoff het in die nag begin hoes agv die lugversorger, so ons het dit afgesit\u2026 Dit was egter nie lank voor die nag se hitte ons bekruip het nie&#8230;en muskiete! Dit het ons oorval! Die gevolg was dat ons maar sleg geslaap het\u2026 En soos met meeste nagte se wakker l\u00ea wonder mens mos&#8230; en toe wonder ek of dit \u2018n goeie idee was om in Januarie die Noordkaap aan te durf. Maar hier was ons nou!<\/p>\n<p>Kort na 7h was ons gereed om Winston weer op te saal. Die plan was om by Vanzylsrus Hotel te gaan ontbyt\u2026 of in Christoff se geval \u2018n lekker maalvleis vetkoek te gaan eet\u2026 Ek het weer die eerste skof gekry.<\/p>\n<p>Oppad Vanzylsrus toe, het ons by Klein Jan se Restaurant se bordjie (in Tswalu Kalahari Reserve) verbygery. Ons gasvrou by Mecca het ons vertel van die bekende restaurant, wat mense van oral oor na toe kom. Volgende keer, het ons onsself belowe, werk ons dit in die skedule in! Maar vir nou was dit vetkoeke wat ons mond laat water het.<\/p>\n<p>Sondagoggend by die Vanzylsrus Hotel hou egter nie vetkoeke in nie. Dis net Saterdae op die spyskaart. Maar die vetkoeke is verseker bekend, want die tafel langsaan het ook gevra of daar dalk nog vetkoeke oor was.<\/p>\n<p>Na ontbyt het Christoff brandstof gaan ingooi, terwyl ek van die ander dekor op die dorp ontdek het.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-2312 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-02-VanZylsrus-Dekor-1024x772.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"754\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-02-VanZylsrus-Dekor-1024x772.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-02-VanZylsrus-Dekor-300x226.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-02-VanZylsrus-Dekor-768x579.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-02-VanZylsrus-Dekor-1536x1158.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-02-VanZylsrus-Dekor.jpg 1543w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/p>\n<p>Vanzylsrus na Askham was \u2018n intense rit. Die 146km grondpad was sinkplaat van begin tot einde. Ons het Winston se bande nog meer afgeblaas, wat bietjie gehelp het, maar as ons nie so op ons tande gebyt het nie, kon ons dalk stopsels losgeskud het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2313\" aria-describedby=\"caption-attachment-2313\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2313 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-03-Bande-afblaas-1024x768.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"750\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-03-Bande-afblaas-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-03-Bande-afblaas-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-03-Bande-afblaas-768x576.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-03-Bande-afblaas-1536x1153.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-03-Bande-afblaas.jpg 1935w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2313\" class=\"wp-caption-text\">15 minute op die grondpad en die bande moet NOG verder afgeblaas word<\/figcaption><\/figure>\n<p>In Askham het ons net \u2018n vinnige pitstop gemaak&#8230; vir Winston en die jerrie kan&#8230; \u2018n Uur later het die bekende geboue vir ons gewink\u2026 Winston se eerste keer in die Kgalagadi! En ons kon nie wag om deur daardie hek te ry nie!<\/p>\n<figure id=\"attachment_2314\" aria-describedby=\"caption-attachment-2314\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2314 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-04-Kgalagadi-Winston-1024x768.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"750\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-04-Kgalagadi-Winston-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-04-Kgalagadi-Winston-300x225.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-04-Kgalagadi-Winston-768x576.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-04-Kgalagadi-Winston-1536x1153.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-04-Kgalagadi-Winston.jpg 1935w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2314\" class=\"wp-caption-text\">Winston, ontmoet die Kgalagadi! Kgalagadi, dit is Winston!<\/figcaption><\/figure>\n<p>Tydens die inklok proses het ons sommer ons <em>Wild Card<\/em> hernu. Ons het goeie voornemens uitgebroei dat ons meer gereeld in die parke gaan spandeer in die komende jaar&#8230; Tyd sal leer&#8230;<\/p>\n<p>Dit was amper \u2018n uur voordat ons die huisie se sleutels kon kry! By Twee Rivieren is hulle baie streng dat mens nie voor 14h kan sleutels kry nie. Ons gaan drentel toe \u2018n bietjie in die winkeltjie. Dit was 37\u00b0 buite, maar ons was gereed om die hitte aan te durf vir ons eerste uitkyk oor die Kgalagadi. Gewapen met koue Cokes uit die winkeltjie rits ons toe op na Twee Rivieren se watergat. Die paadjie op na die uitkyk was baie sanderig en 13h in die middag is daardie rooi sand warm, as gemaklike plakkies nie warm sand so gemaklik weghou nie&#8230;<\/p>\n<p>Die uitsig wat ons ingewag het, was die bekende rooi en wit duine, gespikkel met kameeldoringbome en bossies hier en daar. Die ligte groen skynsel wat plek-plek op die duine uitgesteek het was vir ons egter anders. Eerste tekens van \u2018n ander seisoen in die Kgalagadi.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-2315\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-05-Twee-Rivieren-Watergat-1024x576.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"563\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-05-Twee-Rivieren-Watergat-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-05-Twee-Rivieren-Watergat-300x169.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-05-Twee-Rivieren-Watergat-768x432.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-05-Twee-Rivieren-Watergat-1536x864.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-05-Twee-Rivieren-Watergat.jpg 2035w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/p>\n<p>Ons was op tyd om ons sleutel te kry en was baie dankbaar om Winston se lugversorger te verruil vir \u2018n afgekoelde huisie. Die halfuur by die uitkyk het ons weer laat besef mens hang nie buite rond oor die hitte van die dag nie. Winston se afpak moes ook maar wag tot ons klaar gerus het. Ons het slaap gehad om in te haal!<\/p>\n<p>Tussen die stewige enkelbed-matrasse en die lugversorger het ons \u2018n goeie uur geslaap, maar toe ons daar opstaan, was ons gereed om dieper in die park te gaan verken. Ons het vinnig afgepak en die kameras opgestel met die lang lense.<\/p>\n<p>Kort na 16h kry ons permit sy eerste inskrywing en rits ons uit by Twee Rivieren se hek, oppad Melkvlei toe\u2026 Ons eerste wildrit vir 2024! En ons eerste wildrit in die Kgalagadi sedert 2019\u2026<\/p>\n<p>Die groen skynsel van die uitkyk af was niks in vergelyking met wat ons in die Nossob gesien het nie. Die dro\u00eb rivierloop van die Nossob was amper \u2018n grasperk! Teen die rante van die duine het die bekende wit of rooi sand uitgesteek, maar af in die loop was dit welig groen\u2026 Bokke het alleen-alleen rondgestaan. Gompoue het amper onder elke koelteboom uitgekruip. En die skilpaaie! Van kleintjies wat in \u2018n krieketbal kan wegkruip, tot waatlemoen-grootte doppe wat deur koddige dun beentjies rondgedra word\u2026 Almal aan die beweeg &#8211; of oor die pad\u2026 of op die groen weiding in die Nossob. Daar was \u2018n dop (of skilpad) wat in een van die vele opgedamde waterpoele in die pad was. Slegs die bokant van die dop het uitgesteek, so diep was die waterpoel&#8230;<\/p>\n<p>Nou moet ek bieg. My fotografie vaardighede het verseker verroes sedert ons laas in die Kgalagadi was. Ek het \u2018n paar skilpaaie afgeneem \u2013 asook die dop in die water \u2013 maar ek het nooit die kamera se konfigurasie bekyk of die fotos wat ek klaar geneem het nie. So daar was \u2018n paar pogings wat nie hier gedeel sal word nie. Maar daai boom se blaps kon ek op \u2018n manier \u201cred\u201d&#8230;<\/p>\n<figure id=\"attachment_2316\" aria-describedby=\"caption-attachment-2316\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2316 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-06-Die-Boom-1024x649.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"634\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-06-Die-Boom-1024x649.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-06-Die-Boom-300x190.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-06-Die-Boom-768x487.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-06-Die-Boom-1536x973.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-06-Die-Boom.jpg 1823w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2316\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n &#8220;Artistiewe&#8221; weergawe van di\u00e9 boom<\/figcaption><\/figure>\n<p>Naby Rooiputs gewaar ons \u2018n voertuig teen die rant van die pad&#8230; En aan die oorkantste rant, \u2018n leeuwyfie. Vas aan die slaap&#8230; met twee jongeres op die gras langs die pad.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2317\" aria-describedby=\"caption-attachment-2317\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2317 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-07-Leeus-1024x566.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"553\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-07-Leeus-1024x566.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-07-Leeus-300x166.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-07-Leeus-768x424.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-07-Leeus.jpg 1330w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2317\" class=\"wp-caption-text\">Lui-lekker op &#8216;n Sondagmiddag<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het so wyle by hulle vertoef en \u2018n paar fotos geneem \u2013 net om weer in die gewoonte te kom om fotos te neem.<\/p>\n<p>By Kij Kij se watergat was daar geen lewe nie, maar die natuurlike dammetjie net bokant die watergat, het \u2018n ouerige arend opgelewer&#8230; en nog geleentheid vir \u2018n paar fotos.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2324\" aria-describedby=\"caption-attachment-2324\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2324 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-09-Arend-1024x474.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"463\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-09-Arend-1024x474.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-09-Arend-300x139.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-09-Arend-768x355.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-09-Arend.jpg 1169w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2324\" class=\"wp-caption-text\">Hy (of sy) het seker gemaak ons het al die beste kante afgeneem<\/figcaption><\/figure>\n<p>Buiten vir die gompoue wat so vol-op was, het ons gereeld een of twee sekretarisvo\u00ebls gesien rondloop. By die dammetjie by die arend was daar 2 pare gewees&#8230; Maar toe kry ons een wat besig was om kos te soek. Elke kort-kort het dit komieklike trap-aksies uitgevoer en dan opgepik, wat ookal daai tone kon vaspen.<\/p>\n<p><strong><em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-2319\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-10-Sekretarisvoel-1024x573.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"560\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-10-Sekretarisvoel-1024x573.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-10-Sekretarisvoel-300x168.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-10-Sekretarisvoel-768x430.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-10-Sekretarisvoel-1536x859.jpg 1536w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-10-Sekretarisvoel.jpg 1754w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/em><\/strong><\/p>\n<p>Soos ons verder gery het Melkvlei toe \u2013 en terug \u2013 het ons besef ons mag dalk min wild sien hierdie keer. Daar was geen diere wat by die watergate self gedrink het nie. Van die watergate het natuurlik poele gevorm wat heelwat groter as die watergate was en daar het op ander plekke ook water gestaan. Die staan-water het gesorg vir goggatjies en wit skoenlappers wat oral rondgevlieg het. Dit was \u2018n fees vir die vo\u00ebltjies&#8230; en valkies, wat nie net die goggatjies en skoenlappers gevang het nie.<\/p>\n<p>Ons het paaie met nog \u2018n skilpad gekruis. Die keer was dit \u2018n groter een, wat verseker die gras in die Nossob geniet het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_2320\" aria-describedby=\"caption-attachment-2320\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2320 size-large\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-11-Skilpad-eet-1024x571.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"558\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-11-Skilpad-eet-1024x571.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-11-Skilpad-eet-300x167.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-11-Skilpad-eet-768x429.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-11-Skilpad-eet.jpg 1086w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2320\" class=\"wp-caption-text\">Nom-nom-nom<\/figcaption><\/figure>\n<p>Soos ons teruggery het, het ons weer begin rondkyk vir die drie leeus. Dit was al na 18h, maar dit was nog warm buite&#8230; Ongelukkig was die leeus nie meer daar nie, maar daar was iets anders wat ons ingewag het&#8230; \u2018n Jagluiperd het langs die pad \u2018n koelte kol kom opsoek\u2026 en daar was \u2018n hele paar gewillige fotograwe wat sy bewegings vasgevang het.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-2321\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-12-Cheetah-1024x584.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"570\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-12-Cheetah-1024x584.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-12-Cheetah-300x171.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-12-Cheetah-768x438.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-12-Cheetah.jpg 1310w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/p>\n<p>Die meneer het duidelik nog herstel van \u2018n groot maaltyd en het gesukkel om sy l\u00ea te kry&#8230; Maar ook nie te v\u00ear geloop tussen waar hy was en die volgende l\u00eaplek wat hy gaan uittoets het nie.<\/p>\n<p>Nadat hy homself weer neergevly het, het ons aanstaltes begin maak terug kamp toe. In Januarie is die hekke tot halfagt oop in die aand, maar daar was \u2018n vuurtjie wat gemaak moes word. Dit was buite nog diep in die dertigs, maar braai sal daar gebraai word. Daar was \u2018n lekker stukkie rooi vleis met ons name op.<\/p>\n<p><strong>Hier is nog &#8216;n paar fotos van die dag:<\/strong><\/p>\n<figure id=\"attachment_2318\" aria-describedby=\"caption-attachment-2318\" style=\"width: 1052px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2318 size-full\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-08-Leeus.jpg\" alt=\"\" width=\"1052\" height=\"696\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-08-Leeus.jpg 1052w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-08-Leeus-300x198.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-08-Leeus-1024x677.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-08-Leeus-768x508.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1052px) 100vw, 1052px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2318\" class=\"wp-caption-text\">Die twee jongeres &#8211; amper so lui soos die wyfie in die pad<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_2325\" aria-describedby=\"caption-attachment-2325\" style=\"width: 1476px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2325 size-full\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20241114-09-Naby-Leeu.jpg\" alt=\"\" width=\"1476\" height=\"981\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20241114-09-Naby-Leeu.jpg 1476w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20241114-09-Naby-Leeu-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20241114-09-Naby-Leeu-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20241114-09-Naby-Leeu-768x510.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1476px) 100vw, 1476px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2325\" class=\"wp-caption-text\">Jonk, maar steeds behoorlik leeu se kind<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_2322\" aria-describedby=\"caption-attachment-2322\" style=\"width: 1091px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2322 size-full\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-13-Cheetah.jpg\" alt=\"\" width=\"1091\" height=\"680\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-13-Cheetah.jpg 1091w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-13-Cheetah-300x187.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-13-Cheetah-1024x638.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-13-Cheetah-768x479.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1091px) 100vw, 1091px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2322\" class=\"wp-caption-text\">Op soek na &#8216;n ander l\u00eaplek<\/figcaption><\/figure>\n<figure id=\"attachment_2323\" aria-describedby=\"caption-attachment-2323\" style=\"width: 1080px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-2323 size-full\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-14-Cheetah.jpg\" alt=\"\" width=\"1080\" height=\"646\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-14-Cheetah.jpg 1080w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-14-Cheetah-300x179.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-14-Cheetah-1024x613.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/20240114-14-Cheetah-768x459.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1080px) 100vw, 1080px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-2323\" class=\"wp-caption-text\">Klein bossies maak al lank-genoeg-skaduwees<\/figcaption><\/figure>\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=2301\">inleiding<\/a> af of blaai hier na die <a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=2353\">volgende<\/a> dag.\u00a0<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Somer in die Kgalagadi! Twee Rivieren &#8211; hier&#8217;s ons weer! Sondag \u2013 14 Januarie 2024 Christoff het in die nag begin hoes agv die lugversorger, so ons het dit afgesit\u2026 Dit was egter nie lank voor die nag se hitte ons bekruip het nie&#8230;en muskiete! Dit het ons oorval! Die gevolg was dat ons maar&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[63,10,69,58,141,2,15,62,14,30,94,53,172,8,9,143],"class_list":["post-2310","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-arend","tag-askham","tag-cheetah","tag-gompou","tag-jimny","tag-kgalagadi","tag-kij-kij","tag-leeu","tag-melkvlei","tag-nossob","tag-rooiputs","tag-sekretarisvoel","tag-skilpad","tag-twee-rivieren","tag-van-zylsrus","tag-winston"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2310","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2310"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2310\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2783,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2310\/revisions\/2783"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2310"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2310"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2310"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}