{"id":253,"date":"2016-09-23T22:00:25","date_gmt":"2016-09-23T20:00:25","guid":{"rendered":"http:\/\/escape2breathe.com\/?p=253"},"modified":"2024-12-23T09:48:40","modified_gmt":"2024-12-23T07:48:40","slug":"2016-kgalagadi-dag-7","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=253","title":{"rendered":"2016 Kgalagadi \u2013 Dag 7"},"content":{"rendered":"\r\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Kruis &amp; Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2<\/h2>\r\n\r\n\r\n\r\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Bre\u00ebkop arend en bakkie probleme<\/h3>\r\n<h4>Vrydag &#8211; 2016\/09\/23<\/h4>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Vrydag het nie heeltemal volgens plan verloop nie. Ons wou suid uit toe die hek oopmaak en dan die boonste duinepad ry Kamqua toe\u2026 Maar, kom ons begin by die begin.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die leeus het basies deur die nag geselsies gemaak. Die laaste brul was omtrent halfses nog hoorbaar, toe ek teruggestap het van die badkamers af\u2026 So, ons was betyds op om saam met \u2018n paar ander mense in die tou te val by ontvangs.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Tydens die toustanery moes ons aanhoor hoe ons die vorige paar dae die leeu welpies en jong cheetahs elke keer net moes gemis het. Hulle was letterlik op dieselfde paaie as waar ons was, maar ons was net te laat daar verby\u2026 of net te vroeg\u2026 Maar toe ons hoor die gelukkige-besoekers kies koers in dieselfde rigting as wat ons vir die dag beplan het, was ons sommer optimisties oor ons dag\u2026 Ongelukkig toe nou nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Kort na ons uitgery het, het ek &#8216;n leeu mannetjie in die verte sien wegstap oor die duin en toe verdwyn\u2026 Hy was egter net te ver om af te neem, maar was waarskynlik een van die nag se kommunikasie-span.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide has-media-on-the-right\" style=\"grid-template-columns: auto 29%;\">\r\n<figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"231\" height=\"173\" class=\"wp-image-455\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Hiena.jpg\" alt=\"\" \/><\/figure>\r\n<div class=\"wp-block-media-text__content\">\r\n<p>Om die volgende draai het ons 3 spotted hi\u00ebnas in die rivierloop gesien. Hulle het \u2018n ent langs die voertuie gedraf en toe rigting verander, weg van die pad af , net om later om \u2018n draai verdwyn.<\/p>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Marie se Gat het geen tekens van lewe gehad nie, so die paar voertuie het verder gery&#8230; Net om \u2018n ent verder vas te steek by \u2018n bre\u00ebkop arend, wat heel koninklik die w\u00eareld sit en bekyk het vanuit \u2018n dooie boom\u2026<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image\">\r\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"443\" height=\"597\" class=\"wp-image-448 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Arend.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Arend.jpg 443w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Arend-223x300.jpg 223w\" sizes=\"auto, (max-width: 443px) 100vw, 443px\" \/>\r\n<figcaption>Bre\u00ebkop arend pronkerig op &#8216;n dooi boom<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ons het bietjie vertoef om \u2018n paar fotos van die roofvo\u00ebl te neem en daarna weer met die ander voertuie probeer opvang\u2026 Maar toe begin ons sports.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die bakkie het begin stoom uitblaas by die enginkap\u2026 en so moes Christoff WEER langs die pad uit die bakkie klim om die oorsaak van die probleem te probeer identifiseer\u2026 En ek het maar weer probeer brandwag speel om te kyk of enige gevaarlike diere hulle opwagting maak.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Daar het \u2018n ouerige Britse paar by ons gestop om te hoor of alles reg is en ges\u00ea hulle sal weer op ons inloer wanneer hulle terugkom van hulle oggendrit af.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ons het maar omgedraai en net \u2018n entjie verder gery toe begin die bakkie se temperatuur klim. Na \u2018n paar botteltjies water in die verkoeler in verdwyn het, het ons stadig maar seker ons pad teruggevind Nossob toe. Geen fokus op enige dierelewe langs die pad nie. Ons het net die temperatuur en volume stoom dopgehou.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die oorsaak dat Escap\u00e9 amper in &#8216;n stoomtrein ontaard het, was toe een hegpunt van die verkoeler wat uit die bakwerk se hak geskeur het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1000\" height=\"625\" class=\"wp-image-449 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-beduie.jpg\" alt=\"\" data-id=\"449\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2016-kgalagadi-dag-7\/20160923-bakkie-beduie\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-beduie.jpg 1000w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-beduie-300x188.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-beduie-768x480.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/>\r\n<figcaption>Sien, dis waar die probleem is&#8230;<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n<figure><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1000\" height=\"624\" class=\"wp-image-450 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-drama.jpg\" alt=\"\" data-id=\"450\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2016-kgalagadi-dag-7\/20160923-bakkie-drama\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-drama.jpg 1000w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-drama-300x187.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bakkie-drama-768x479.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/>\r\n<figcaption>Wat het gebeur?<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die park se tegnikus (en nagkar-ryer) het tot ons redding gekom met Pratley se betroubare Quick Set Clear\u2026 Christoff het sy ding gedoen en ons het rustig geraak in die kamp om seker te maak die gom plak en stol behoorlik\u2026\u00a0En &#8216;n voertuig wat se enginkap oop staan is &#8216;n trekkrag vir manne om te kom gesels&#8230;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide\" style=\"grid-template-columns: 32% auto;\">\r\n<figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"289\" height=\"290\" class=\"wp-image-456\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Kamp-besoeker.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Kamp-besoeker.jpg 289w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Kamp-besoeker-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 289px) 100vw, 289px\" \/><\/figure>\r\n<div class=\"wp-block-media-text__content\">\r\n<p>Terwyl die manne besig was by Escap\u00e9 het ek vir \u2018n verandering vir ons \u2018n brunch aanmekaar begin slaan en my verstom aan die aasdiertjie wat heel mak nader gekom het. Daar is heelwat grond-mongoose tipe karakters in die park, maar die outjie sou iets uit my hand uit kom haal het, as ek aangebied het.<\/p>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Kort voor lank het die Britse paar ook kom inloer om te hoor of ons darem reggekom het. Dit was sommer &#8216;n groet-inloer, want hulle was oppad Bitterpan toe, waar hulle vir 2 dae sou wees\u2026 Die dag wat hulle vertrek van Bitterpan af, was die dag wat ons sou arriveer! Wel, as die bakkie die duine kon aandurf&#8230; Ons het dus styf duime gehou dat die Pratley sy werk doen, sodat ons wel die pad Bitterpan toe kon aandurf.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Met vol magies het ons gaan omkeer en na \u2018n warm middagslapie het ons bietjie onder die tent se afdakkie gaan sit en die kamp bekyk.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Skuins oorkant ons was \u2018n Afrikaanse egpaar, sterk in hulle sewentigs, wat besig was om kos te maak. Dit was egter komieklik hoe die spreeus en die grond-eekhorings hulle verpes het. As die oom sy rug draai, was die spreeus op die rand van die braaipan. As die tannie die eekhorings verwilder, kom sit die spreeus op haar stoel se ruglening\u2026 En so was dit \u2018n wisselwerking tussen die vier snuffelende en bedelende eekhorings en die spreeus wat in en uit die potte en bakke fladder, afhangend van watter arms geswaai word.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Om te help met die afkoel-proses, het ons tevergeefs gaan roomys soek by die winkeltjie&#8230; Toe gaan ry ons maar &#8216;n draai, net om seker te maak Escap\u00e9 is weer 100%&#8230; Toe word daar sommer deurgery tot by Dikbaardskolk se piekniekplek en terug. Langs die pad was daar \u2018n klomp Pietertjies, volstruise, gemsbokke, springbokke, <em><strong>blou wilde buffels*<\/strong><\/em> en darem hierdie keer 2 elande.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\r\n<p><em>*Kom ek verduidelik dalk net die blou wilde buffels ook\u2026 As ek \u2018n blou wildebees sien, dan wil ek die ding net \u2018n buffel roep. Om een of ander rede assosieer ek nou maar net \u2018n wildebees met \u2018n buffel. So daar word gereeld van blou wilde buffels ook gepraat.<\/em><\/p>\r\n<\/blockquote>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image\">\r\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"761\" height=\"618\" class=\"wp-image-453 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Eland.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Eland.jpg 761w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Eland-300x244.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 761px) 100vw, 761px\" \/>\r\n<figcaption>Stappende eland yb Marie se Gat<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die elande was by Marie se Gat. Dit was opvallend hoe groot die Kgalagadi elande is, veral toe een so langs \u2018n gemsbok gaan staan. As die gemsbok sy kop laat sak het, kon hy amper onderdeur die eland loop.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-image\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1000\" height=\"624\" class=\"wp-image-454 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Gemsbok-en-Eland.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Gemsbok-en-Eland.jpg 1000w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Gemsbok-en-Eland-300x187.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Gemsbok-en-Eland-768x479.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/>\r\n<figcaption>Gemsbok by Eland by Marie se Gat<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Naby Kaspersdraai was daar \u2018n mooi volstruis naby die pad en by die watergat vang ons toe \u2018n lekker vetpens gemsbok, besig om aan \u2018n been te knaag. Ons vermoede was dat sy dragtig was en die been-kouery het ekstra kalsium verskaf, wat sy dalk nodig gehad het vir daai groeiende pens.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-gallery-2 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1000\" height=\"625\" class=\"wp-image-457 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Volstruis.jpg\" alt=\"\" data-id=\"457\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2016-kgalagadi-dag-7\/20160923-volstruis\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Volstruis.jpg 1000w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Volstruis-300x188.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Volstruis-768x480.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/>\r\n<figcaption>Mannetjies volstruis<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-gallery-3 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1000\" height=\"625\" class=\"wp-image-452 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bene-kou-gemsbok.jpg\" alt=\"\" data-id=\"452\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/2016-kgalagadi-dag-7\/20160923-bene-kou-gemsbok\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bene-kou-gemsbok.jpg 1000w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bene-kou-gemsbok-300x188.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/20160923-Bene-kou-gemsbok-768x480.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/>\r\n<figcaption>Gemsbok kou harde bene<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Terug in die kamp was ons net rustig. Ons het weer die TV aangesteek en gesellig gesit en heel verlig gekuier in die wete dat ons wiele reg was vir die vooruitsig van Bitterpan se duine, terwyl die vleis sis op die vuur en die groente borrel in die pot.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die <a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=1658\">inleiding<\/a> af.\u00a0Of blaai hier na die <a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=255\">volgende dag<\/a>.<\/em><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kruis &amp; Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Bre\u00ebkop arend en bakkie probleme Vrydag &#8211; 2016\/09\/23 Vrydag het nie heeltemal volgens plan verloop nie. Ons wou suid uit toe die hek oopmaak en dan die boonste duinepad ry Kamqua toe\u2026 Maar, kom ons begin by die begin. Die leeus het basies deur die nag geselsies&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[68,29,54,41,2,39,30,52],"class_list":["post-253","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-breekop-arend","tag-dikbaardskolk","tag-hiena","tag-kaspersdraai","tag-kgalagadi","tag-marie-se-gat","tag-nossob","tag-volstruis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=253"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/253\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2560,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/253\/revisions\/2560"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}