{"id":836,"date":"2017-08-14T22:00:47","date_gmt":"2017-08-14T20:00:47","guid":{"rendered":"http:\/\/escape2breathe.com\/?p=836"},"modified":"2024-12-23T13:21:40","modified_gmt":"2024-12-23T11:21:40","slug":"2017-paternoster-dag-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=836","title":{"rendered":"2017 Paternoster &#8211; Dag 3"},"content":{"rendered":"\r\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Daar was dit lekker!<\/h2>\r\n<h3>Paternoster hier kom ons!<\/h3>\r\n\r\n\r\n\r\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Maandag &#8211; <strong>2017\/08\/14<\/strong><\/h4>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Maandagoggend is ons vroeg uit die vere. Die plan was om so rondom 9h in die pad te val en via Vishoek die laaste 2 van die agt-tal op die lughawe in Kaapstad te gaan oplaai\u2026 Maar 9h stop ons toe al sommer voor die Oliviers se huis in Vishoek&#8230; want hoe hou jy jouself nou onnodig by die huis besig as die Party Bus klaar gepak is en die wiele jeuk net om te draai\u2026<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Tannie Annetjie het ons in haar nagklere, japon en krale vermaak, terwyl Moekie \u2018n paar slukke ontbyt genuttig het. Tannie An het my ingespan in die kombuis en kort voor lank het ons almal jolig saam koffie gedrink \u2013 ek uit \u2018n blikbeker, wat eintlik vir oom Frank bedoel was\u2026 Ek het die horlosie dopgehou, sodat ons nie laat op die lughawe arriveer nie en moes op &#8216;n stadium die uitbundige kuiery kortknip, sodat die bussie weer kon padvat.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Met die aankom by die lughawe, het die kennisgewingborde die nuus gedeel dat die Steenkamps se vlug &#8216;n halfuur vertraag was. Ons gaan soek toe maar \u2018n sitplekkie en bekom \u2018n koffie en broodjie, terwyl ons wag. Daar was selfs tyd vir Christoff om \u2018n boek te gaan koop\u2026 Die oomblik toe die bord wys die vlug het geland, begin ons aanstaltes maak om by die deure te gaan wag\u2026 maar ons moes ook maar van beter geweet het\u2026 van land tot bagasie bekombaar is neem &#8216;n wyle en dan wag die lang tonnel nog&#8230;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ek was soos &#8216;n kind wat wou nader hardloop, toe die bekende gesigte deur die skuifdeure gestap kom&#8230; Die weersiens was wonderlik en die ontmoetings minder huiwerig en sommer so met die trollie oppad Party Bus toe\u2026 Niemand wou verder tyd op die lughawe mors nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide\">\r\n<figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"681\" class=\"wp-image-764 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170816-Bussie-insittendes-1024x681.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170816-Bussie-insittendes-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170816-Bussie-insittendes-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170816-Bussie-insittendes-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170816-Bussie-insittendes.jpg 1417w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\r\n<div class=\"wp-block-media-text__content\">\r\n<p>Met almal se bagasie gemaklik gelaai, kon elkeen sy of haar plek in die bussie kry&#8230; en so het dit elkeen se sitplek gebly, vir die duur van die wegloop\u2026 Christoff agter die stuurwiel en ek iewers op die groot sitplek langs hom\u2026 La en oom Frank by die deure in die eerste ry, met Pa Ampie in die middel tusssen die boetie en sussie\u2026 En agter was tannie Elza in die middel tussen Moekie en oom Philip.<\/p>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Google is aanges\u00ea om die pad te beduie en oomblikke later kon ons vir Tafelberg in die truspie\u00ebltjie begin kyk. Op die N7 het die geselsery begin en teen die tyd wat ons by Zula Beach House se wit muurtjie ingery het, het die klomp soos ou bekendes geklets.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Ek het kort voor ons die dorpie ingery het, met Nora (die opsigter) begin gesels om te laat weet ons is naby, so die huis het ons met oop deure ingewag\u2026 En wat \u2018n huis wat ons ingewag het!<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>As jy van die parkeerarea af instap, l\u00ea die woonstelletjie op linkerkant. Die blou houtdeur voor die tweede kamer se skuifdeur is regs&#8230; Maar die groot skuifdeur na die leefvertrek, het &#8216;n belofte ingehou tot die groot geselligheid wat in die volgende paar dae gewag het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Zula Beach House het \u2018n groot oop leefvertrek wat uit \u2018n sitkamer, eetkamer en kombuis bestaan. Die opwas is weggesteek agter \u2018n muurtjie waarteen die groot gasstoof staan\u2026 Die sitkamer se skuifdeure loop uit op \u2018n lieflike stoep, wat aan die anderkant begrens word deur die hoofslaapkamer. Na die ander kant toe, langs die voordeur is \u2018n wye gang met \u2018n ingang na die tweede slaapkamer en die buite woonstel. Teen die trappe op was \u2018n dakkamer aan die een kant en \u2018n groot slaapkamer (ramme-kamp) met 4 enkel beddens aan die anderkant. Die groot kamer was bereikbaar met normale trappe, maar die dakkamer het \u2018n regop trapleertjie gehad, as enigste toegang. Die ouer garde het maar net deur die oop deur na die dakkamer geloer.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>En toe stap ons uit op die stoep en verlustig ons in die uitsig oor die strand&#8230; en die lieflike aalwyn langs die voetpaadjie strand toe&#8230;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-739\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_739\" aria-describedby=\"caption-attachment-739\" style=\"width: 1417px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-739\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Uitsig.jpg\" alt=\"\" width=\"1417\" height=\"580\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Uitsig.jpg 1417w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Uitsig-300x123.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Uitsig-768x314.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Uitsig-1024x419.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 1417px) 100vw, 1417px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-739\" class=\"wp-caption-text\">Die uitsig van die huis af<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Nadat die bussie afgelaai was, het ek en Christoff ons roete omgekeer en teruggery om in Vredenburg te gaan kos kry vir die aand en volgende oggend. Die ander moes besluit wie sou watter kamer beset en ons sou inval by hulle besluite.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Oppad Vredenburg toe, ry ons toe by die bekende \u201cMoertoegepomp\u201d windpomp verby, wat ons met die inry Paternoster toe misgekyk het. Ek het dadelik onderneem om \u2018n volgende keer die kamera in te pak om dit vir myself te gaan vasvang.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Vredenburg het \u2018n groterige winkelsentrum, waar ons sommer die eerste, beste winkel met kruideniers bygedam het. Gelukkig was dit \u2018n Food Lovers Market en ons het basies al ons aankope sommer daar gedoen gekry. Ons moes net by \u2018n drankwinkel ook inhol&#8230; Ons kan mos nie braai sonder &#8216;n ou keel-natmakertjie nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Terug by Zula het ons verneem ons betrek die dakkamer\u2026 dit het sin gemaak, want niemand anders sou daardie trappies op \u2018n daaglikse basis kon beklouter nie\u2026 Oompie Frank het die ramme-kamp-kamer gekry en kon as enigste inwoner elke aand op \u2018n ander bed slaap\u2026 As hy sou wou, natuurlik&#8230; Tannie Elza en oom Philip het die buite-woonstel gekry en La en Pa Ampie die ander slaapkamer in die huis. Moekie was die gelukkige wenner van die hoofslaapkamer. Sy weet nou nog nie wat sy gedoen het om dit te verdien, maar het heerlik daar gaan nesskrop.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Pa Ampie se gemmerkoekies en beskuit is uitgepak en ons het lekker op die stoep gaan sit en kuier met stomende bekers koffie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-image\">\r\n<figure id=\"attachment_734\" aria-describedby=\"caption-attachment-734\" style=\"width: 945px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-734\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Op-die-stoep.jpg\" alt=\"\" width=\"945\" height=\"628\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Op-die-stoep.jpg 945w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Op-die-stoep-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Op-die-stoep-768x510.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 945px) 100vw, 945px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-734\" class=\"wp-caption-text\">Eerste groot kuier op die stoep<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide has-media-on-the-right\" style=\"grid-template-columns: auto 42%;\">\r\n<figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"681\" class=\"wp-image-733 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Mossels-skoonmaak-1024x681.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Mossels-skoonmaak-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Mossels-skoonmaak-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Mossels-skoonmaak-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Mossels-skoonmaak.jpg 1417w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\r\n<div class=\"wp-block-media-text__content\">\r\n<p>Terwyl ons in die dorp was, het van die Party Nosters op die strand gaan stap en die w\u00eareld verken\u2026 en natuurlik met van die plaaslike karakters geselsies aangeknoop\u2026 wat toe later by die stoep opgedaag het met \u2018n sak vol mossels.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Pa Ampie en tannie Elza het die skoonmaak van die mossels aangepak, wat as voorgereg (of versnapering) sou dien.<\/p>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>En soos die son oor die see begin sak, het die geselsies op stoep verminder en ingeskuif in die huis in.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<figure class=\"wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\r\n<figure id=\"attachment_732\" aria-describedby=\"caption-attachment-732\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-732\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Kombuiskuier-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"681\" data-id=\"732\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/paternoster-2017-dag-3\/20170814-kombuiskuier\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Kombuiskuier-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Kombuiskuier-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Kombuiskuier-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Kombuiskuier.jpg 1417w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-732\" class=\"wp-caption-text\">Kuier-kuier in die kombuis<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<figure>\r\n<figure id=\"attachment_738\" aria-describedby=\"caption-attachment-738\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-738\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Stoepkuier2-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"681\" data-id=\"738\" data-link=\"https:\/\/escape2breathe.com\/paternoster-2017-dag-3\/20170814-stoepkuier2\/\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Stoepkuier2-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Stoepkuier2-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Stoepkuier2-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Stoepkuier2.jpg 1417w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-738\" class=\"wp-caption-text\">Uithouers op die stoep<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image wp-image-735 size-large\">\r\n<figure class=\"aligncenter\">\r\n<figure id=\"attachment_735\" aria-describedby=\"caption-attachment-735\" style=\"width: 1024px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-735\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Sonsondergang-1024x681.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"681\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Sonsondergang-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Sonsondergang-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Sonsondergang-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Sonsondergang.jpg 1417w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-735\" class=\"wp-caption-text\">Sonsondergang oor die strand<\/figcaption><\/figure>\r\n<\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide\" style=\"grid-template-columns: 46% auto;\">\r\n<figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"681\" class=\"wp-image-736 aligncenter\" src=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Steenkamps-1024x681.jpg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Steenkamps-1024x681.jpg 1024w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Steenkamps-300x199.jpg 300w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Steenkamps-768x511.jpg 768w, https:\/\/escape2breathe.com\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/20170814-Steenkamps.jpg 1417w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\r\n<div class=\"wp-block-media-text__content\">\r\n<p>Christoff het die gasbraaier op die stoep uitgetoets en vir ons \u2018n paar lekker stukke vleis gebraai. Ek het die bykosse in die kombuis aanmekaar geslaan, terwyl die ander dames daar rondom doenig was om tafel te dek en geselsies te maak.<\/p>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Kort voor lank was ons almal om die eetkamertafel, met \u2018n heerlike bord kos voor elkeen. So tussen die smul deur het die geselsies en korswel voortgeduur. Moekie, La en oom Frank het die eerste opwasbeurt gekry en terwyl hulle begin opruim het, het die res van ons nog \u2018n laaste koppie koffie deurgewerk.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>So stelselmatig is die blou houtdeure voor die skuifdeure ingetrek en op knip gesit en het almal kamer se kant toe begin staan. Daar was nog \u2018n paar dae vir kuier oor.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><em>Vir meer gebeure, loer gerus na die ander dae se plasings\u00a0van die\u00a0<a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?page_id=1720\">inleiding<\/a>\u00a0af. Of blaai hier na die\u00a0<a href=\"https:\/\/escape2breathe.com\/?p=845\">volgende dag<\/a>.<\/em><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar was dit lekker! Paternoster hier kom ons! Maandag &#8211; 2017\/08\/14 Maandagoggend is ons vroeg uit die vere. Die plan was om so rondom 9h in die pad te val en via Vishoek die laaste 2 van die agt-tal op die lughawe in Kaapstad te gaan oplaai\u2026 Maar 9h stop ons toe al sommer voor&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[82,77,81,78],"class_list":["post-836","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-afrikaans","tag-moertoegepomp","tag-paternoster","tag-vredenburg","tag-zula-beach-house"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/836","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=836"}],"version-history":[{"count":15,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/836\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2575,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/836\/revisions\/2575"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=836"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=836"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/escape2breathe.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=836"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}