2016 Kgalagadi

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2

Ons was skaars ‘n week by die huis na ons eerste, onvergeetlike besoek aan die Kgalagadi in 2015, toe word daar op Sanparke se webwerf geklim. Dit was duidelik die besprekings vir September 2016 het al begin inkom, want ons moes meet en pas en mooi beplan, sodat ons die enkele beskikbare datum in Bitterpan kon inpas met die ander datums wat ons in Nossob kamp kon kry.

Maar na ‘n bietjie beplan en opsies oorweeg was ons volgende besoek bespreek en betaal. So het die wag weer begin… en die droom… en beplan… en wag… en droom… en beplan…

Hartbeeste voor die rooi duine. Net nog een van die baie mooi tonele wat weer in die Kgalagadi vir ons gewag het.

Weer geskryf deur Marietha, met insette van Christoff… En fotos was ‘n span poging…

Hier is elke dag se gebeure en mooiste (of oulikste) fotos uiteengesit:

Dag 1 – 2016/09/17 – Pretoria na Deben

Dag 2 – 2016/09/18 – Deben to by Auchterlonie via Twee Rivieren

Dag 3 – 2016/09/19 – Twee Rivieren na Nossob, met leeus en allerlei voëls langs die pad

Dag 4 – 2019/09/20 – Nossob na Union’s End en terug

Dag 5 – 2016/09/21 – Nossob en omgewing se watergate

Dag 6 – 2016/09/22 – Die pad na Mabua

Dag 7 – 2016/09/23 – Breëkop arend en bakkie probleme

Dag 8 – 2016/09/24 – Cheetah, Bateleur en ander gevlerkte diere

Dag 9 – 2019/09/25 – Bitterpan toe

Dag 10 – 2019/09/26 – Rooi sandspore, leeus en lieflike roofvoëls

Dag 11 – 2019/09/27 – Twee Rivieren na Lichtenburg, via Askham & Van Zylsrus

Christoff het die hele week nou en dan weggeval met ‘n “vêr in die ou Kalahari…” en dan nie verder gesing nie. Op ‘n stadium wou ek weet hoe dit verder gaan, maar toe ken hy net Koos Kombuis se weergawe… En toe ken hierdie tannie amper die oorspronklike weergawe, maar nie heeltemal nie… Nou sluit ek dit maar in, vir die argiewe.

Wye Kgalagadi vlaktes

Vêr in die ou Kalahari, tot daar by die Molopo! Gee my die ou Kalahari, die ou Kalahari bo!

Wyd lê die eindlose vlaktes, Kameeldoringboom en sand. Eensame, vreedsame wêreld. Dis die ou Kalahari land.

Sonbesies sing in die bosse. Die hittige son te versmaai. Rooi Afrikaner osse, Sien jy om elke draai.

Vêr in die ou Kalahari, tot daar by die Molopo!

Gee my die ou Kalahari, die ou Kalahari bo!