2018 Mafunyane

4×4 Eco Roete – Kruger Konvooi!

Ons hou van die minder-bewandelde paaie en meer afgeleë plekke… hoe minder mense hoe beter… En om hierdie rede besoek ons eerder die Kgalagadi, as ons kans kry om bos toe te gaan, as wat ons op die teerpaaie in die Kruger gaan rondrits… al is die Kruger Wildtuin nader.

Maar iewers in 2017 het Andries van Heerden, ‘n mede-bos-liefhebber, die paasnaweek bespreking vir die Mafunyane 4×4 Eco roete in die Kruger getrek en het hy een voertuig gekort om die groep voltallig te maak… Hy dink toe aan ons…

Dis hoe dit gebeur het dat ons vroeg in 2018 begin rondsoek het na tweedehandse daktente vir Escapé, ‘n stewiger grondtent vir Oupa Ampie en Juan en natuurlik die nodige water en diesel kanne. Ons sou vir 4 dae en 3 nagte die natuur aandurf met net dit wat ons in die bakkie kon saamry… Ons kon nie wag nie!

Kruger Wildtuin Konvooi

Weer geskryf deur Marietha. Fotos was ‘n span poging en erkenning is gegee aan die betrokke fotograwe, as dit nie my fotos was nie…

Hier is elke dag se gebeure en mooiste (of oulikste) fotos uiteengesit:

Dag 1 – 2018/03/28 – Pad na Phalaborwa

Dag 2 – 2018/03/29 – Konvooi van Manne wat KAN

Dag 3 – 2018/03/30 – Water Kruisings en Kwaai Knewels

Dag 4 – 2018/03/31 – Die Grand Finalé

Dag 5 – 2018/04/01 – Alle goeie dinge kom tot ‘n Einde

Ons sal beslis weer ‘n 4×4 roete deur die Kruger wil doen en hopelik is ons gelukkig om dit weer saam met so ‘n gemaklike groep mee te maak.