Wat Ons Doen

Ons staan op in die oggend en sommige oggende gaan draf ons, tensy ons kies om met ‘n vars koppie koffie op te krul in die bed… En vir daardie oomblik laat die dag ons toe om asem te haal…

Dan begin die gejaag… Maak reg vir werk, laai ons seun by die skool af, werk, werk, werk… Tref die winkels oppad huistoe en meeste dae sit ons nog vas in verkeer ook…

Maar dan steek ons ‘n vuurtjie aan en gooi ‘n glas wyn in – selfs op weeksaande… En kry ons kans om weer asem te haal, terwyl ons na die Kalahari TV kyk…

Dis wat ons doen, terwyl ons in die stad moet wees om geld te maak om te oorleef… Maar ons verdra die stadslewe op die oomblik, want dit stel ons in staat om te ontsnap, elke nou en dan… En wanneer ons ontsnap, kan ons asemhaal van die eerste koppie koffie tot die laaste druppel wyn, elke dag vir so lank as wat ons weg is…