2018 Kgalagadi

‘n Leeu van ‘n Kgalagadi Vakansie!

Na die einde van Oktober 2017 het ons ‘n wekker gestel die oggend wat die besprekings vir Oktober 2018 oopgemaak het. Teen vyfuur was ons besoek aan die Kgalagadi vir 2018 bespreek en betaal. Ons was nie in 2017 in die Kgalagadi nie en ons stadsiele het gesmag na die stilte en oopheid van die droë rivier lope en vlaktes. Min het ons geweet dat hierdie besoek presies sou wees wat die dokter kon voorskryf vir ons wat te veel dae in die jaar aan die stadslewe blootgelê word.

‘n Leeu, ‘n watergat en rooi duine teen ‘n donderwolk lug… Kgalagadi medisyne

Die weer was dalk nie die ideaal nie. Ons het al vier seisoene in die paar dae wat ons daar was beleef, maar buiten vir die laaste dag het ons letterlik ‘n daaglikse dosis van leeus gehad… om nie te praat van al die res wat die Kgalagadi bied nie.

Geskryf deur Marietha. Fotos was hierdie keer meer met Christoff agter die lens, want ek het soms die stuurwiel ook beman…

Hier is elke dag se gebeure en mooiste (of oulikste) fotos uiteengesit:

Dag 1 – 2018/10/13 – Tot op die drumpel van die Kgalagadi!

Dag 2 – 2018/10/14 – Slapende leeu en skroppende wildebeeste… en Nossob!

Dag 3 – 2018/10/15 – Lui leeus en nog ‘n bateleur in vlug.

Dag 4 – 2018/10/16 – Soekende wyfie leeu, beseerde bruin hiëna en Hendrik se tande.

Dag 5 – 2018/10/17 – Skietende lense by Cubitje Quap en stories in die Nossob skuiling.

Dag 6 – 2018/10/18 – Duinepad na Mata-Mata, met meerkatjies en NOG leeus.

Dag 7 – 2018/10/19 – Vier leeus in die verte en jagluiperds in die koelte.

Dag 8 – 2018/10/20 – Die wag by die boom, die slapende leeus, vretende jagluiperds en draffende gevlekte hiëna.

Dag 9 – 2018/10/21 – Wind-op watergat toe saam met ‘n mooi jong leeumannetjie.

Dag 10 – 2018/10/22 – Klein jakkalsie, meerkatjies en een slapende leeu.

Dag 11 – 2018/10/23 – Leeuwdril 4×4 roete, kamp opslaan en kuier.

Ons het nou nie die beste bespreking vir September 2019 se Kgalagadi besoek gekry nie, maar dis skool vakansie en mens moet maar vat wat jy kry. Ten minste het ons die vooruitsig om weer in 2019 te gaan rustig raak… en die keer gaan Juan saam.