Tag: Marie se Gat

2019 Kgalagadi – Dag 7

Einde met ‘n Hoogtepunt! Saterdag – 28 September 2019 Ons laaste oggend het aangebreek… Die ander voertuie het begin tou staan om uit te ry watergate toe, maar ons het met ons eerste beker koffie op die chalet se stoep gaan sit en kyk hoe die son oor die Nossob se loop opkom… Gister was…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 7

2018 Kgalagadi – Dag 4

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Dinsdag – 2018/10/16 Vanoggend was dit nie die ongeduldige geneul van ‘n wekker wat ons wakker gemaak het nie, maar die kamp geluide soos die ander kampeerders in Nossob uit die blokke kom vir die hek wat 6h oopmaak. So halfuur later was ons gewapen met koffie in ons flesse…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 4

2018 Kgalagadi – Dag 3

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Maandag – 2018/10/15 Vanoggend het die wekker ons halfses wakker geraas. Ek wens ek kon sê ons het uit die bed gespring, maar al slaap die opblaas matras baie lekker, was dit meer ‘n rol-poging van lê tot hande-vier-voet en dan regop… Ons wou sesuur by die hek uit in…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 3

2018 Kgalagadi – Dag 2

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Sondag – 2018/10/14 Twee Rivieren se hek maak 7h in die oggend oop. Ons was so klein bietjie agter skedule. Ons was eers 7h10 daar. Die stuk tussen Twee Rivieren en Nossob neem gemiddeld so vier en ‘n half ure en ons wou nog probeer om ‘n goeie staanplek te…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 2

2016 Kgalagadi – Dag 8

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Saterdag – 2016/09/24 Saterdagoggend het redelik opwindend begin. Ons moes kamp opslaan en skuif na ‘n huisie en het besluit om weer vroeg ‘n draai te gaan ry. Ons sou daarna kamp kom afslaan voor dit te warm raak. Ons is dus weer halfsewe uit toe die…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 8

2016 Kgalagadi – Dag 7

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Vrydag – 2016/09/23 Vrydag het nie heeltemal volgens plan verloop nie. Ons wou suid uit toe die hek oopmaak en dan die boonste duinepad ry Kamqua toe… Maar, kom ons begin by die begin. Die leeus het basies deur die nag geselsies gemaak. Die laaste brul was…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 7

2016 Kgalagadi – Dag 6

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Donderdag – 2016/09/22 Daar was geen nagtelike eskapades van enige leeus nie, so ons het heerlik deurgeslaap tot die dag gebreek het, maar voor ons ons eerste koppie koffie in ons slaapsakke kon nuttig, moes ons eers van die oornag-voggies ontslae gaan raak het. Ons het nog…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 6

2016 Kgalagadi – Dag 5

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Woensdag – 2016/09/21 Rondom middernag, iewers in die omgewing, het ‘n leeu weer begin brul. Christoff het heerlik deur dit geslaap, maar ek was van daar af baie wakker, alhoewel ek nooit gaan kyk het of ek enige lewe by die watergat gewaar nie. Die groot kat…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 5