Tag: Nossob

2024 Kgalagadi – Dag 2

Twee Rivieren – hier’s ons weer! Sondag – 14 Januarie 2024 Christoff het in die nag begin hoes agv die lugversorger, so ons het dit afgesit… Dit was egter nie lank voor die nag se hitte ons bekruip het nie…en muskiete! Dit het ons oorval! Die gevolg was dat ons maar sleg geslaap het… En…

Continue reading 2024 Kgalagadi – Dag 2

2019 Kgalagadi – Dag 7

Einde met ‘n Hoogtepunt! Saterdag – 28 September 2019 Ons laaste oggend het aangebreek… Die ander voertuie het begin tou staan om uit te ry watergate toe, maar ons het met ons eerste beker koffie op die chalet se stoep gaan sit en kyk hoe die son oor die Nossob se loop opkom… Gister was…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 7

2019 Kgalagadi – Dag 6

Lang pad na Nossob Vrydag – 2019/09/27 Dit het weer baie afgekoel deur die nag. Dit was ‘n paar keer ‘n tweestryd tussen ‘n koue neus of asemhaal bo die duvet… Maar ons wou nie die koue trotseer om sokkies aan te trek nie, so ons het maar met koue voete die oggend ingeslaap. Na…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 6

2019 Kgalagadi – Dag 3

Die onderste duinepad Dinsdag – 2019/09/24 Dit was ‘n bitter koue nag in Twee Rivieren! Ons was nie voorbereid vir daardie koue nie… Ons het die hele nag deur lepel gelê… dan was ek die binne lepel en dan was Christoff die binne lepel… Ons het op ‘n stadium oorweeg om op te staan om…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 3

2018 Kgalagadi – Dag 6

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Donderdag – 2018/10/18 Na ‘n nag van baie rondrol en min slaap – in my geval, want my man sukkel nie met slaap nie – moes ons ons tentpenne by nommer 13 in Nossob lig. In minder as twee ure was daar omtrent nie ‘n teken dat ons daar nesgeskop…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 6

2018 Kgalagadi – Dag 5

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Woensdag – 2018/10/17 Vanoggend het my blaas my kort by 5h gejaag en kon ons nog die bespikkelde sterrehemel bewonder oppad ablusie blokke toe… en rustiger oppad terug tent toe… Orion was duidelik uitge-êts reg bokant ons… Rondom ons het die kamp saggies begin lewe kry. Die besprekings vir September…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 5

2018 Kgalagadi – Dag 4

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Dinsdag – 2018/10/16 Vanoggend was dit nie die ongeduldige geneul van ‘n wekker wat ons wakker gemaak het nie, maar die kamp geluide soos die ander kampeerders in Nossob uit die blokke kom vir die hek wat 6h oopmaak. So halfuur later was ons gewapen met koffie in ons flesse…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 4

2018 Kgalagadi – Dag 3

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Maandag – 2018/10/15 Vanoggend het die wekker ons halfses wakker geraas. Ek wens ek kon sê ons het uit die bed gespring, maar al slaap die opblaas matras baie lekker, was dit meer ‘n rol-poging van lê tot hande-vier-voet en dan regop… Ons wou sesuur by die hek uit in…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 3

2018 Kgalagadi – Dag 2

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Sondag – 2018/10/14 Twee Rivieren se hek maak 7h in die oggend oop. Ons was so klein bietjie agter skedule. Ons was eers 7h10 daar. Die stuk tussen Twee Rivieren en Nossob neem gemiddeld so vier en ‘n half ure en ons wou nog probeer om ‘n goeie staanplek te…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 2

2016 Kgalagadi – Dag 9

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Sondag – 2016/09/25 Sondagoggend is ons weer rondom halfsewe uit die kamp uit in ‘n noordelike rigting Kwang toe. Kort by Cubitje Quap het ons paaie met die pragtige kudu bul gekruis. En toe sien ons die katspore in die pad. Dit was seker die langste stuk…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 9

2016 Kgalagadi – Dag 8

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Saterdag – 2016/09/24 Saterdagoggend het redelik opwindend begin. Ons moes kamp opslaan en skuif na ‘n huisie en het besluit om weer vroeg ‘n draai te gaan ry. Ons sou daarna kamp kom afslaan voor dit te warm raak. Ons is dus weer halfsewe uit toe die…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 8

2016 Kgalagadi – Dag 7

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Vrydag – 2016/09/23 Vrydag het nie heeltemal volgens plan verloop nie. Ons wou suid uit toe die hek oopmaak en dan die boonste duinepad ry Kamqua toe… Maar, kom ons begin by die begin. Die leeus het basies deur die nag geselsies gemaak. Die laaste brul was…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 7

2016 Kgalagadi – Dag 6

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Donderdag – 2016/09/22 Daar was geen nagtelike eskapades van enige leeus nie, so ons het heerlik deurgeslaap tot die dag gebreek het, maar voor ons ons eerste koppie koffie in ons slaapsakke kon nuttig, moes ons eers van die oornag-voggies ontslae gaan raak het. Ons het nog…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 6

2016 Kgalagadi – Dag 5

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Woensdag – 2016/09/21 Rondom middernag, iewers in die omgewing, het ‘n leeu weer begin brul. Christoff het heerlik deur dit geslaap, maar ek was van daar af baie wakker, alhoewel ek nooit gaan kyk het of ek enige lewe by die watergat gewaar nie. Die groot kat…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 5

2016 Kgalagadi – Dag 4

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Dinsdag – 2016/09/20 Twee uur Dinsdagoggend, word ons deur ‘n leeu wakker gebrul. Dit was so dreunend die meneer kon net buite die kampdraad gewees het… Ons het haastig ons sweetpakke aangetrek en is vol afwagting watergat toe… In die uur wat ons daar gesit het, het…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 4

2016 Kgalagadi – Dag 3

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Maandag – 2016/09/19 Na die yskas en vrieskas deur die nag hulle kant gebring het, was dit weer ‘n terugpakkery in die koelboks en ‘n teruglaai van alles in Escapé, voor ons by Twee Rivieren kon uitry. Vandag was dit ons en die groot pad Nossob toe.…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 3

2015 Kgalagadi – Day 3

The first unforgettable Kgalagadi trip! Saturday – 2015/09/26 The FIRST formal day in the Kgalagadi began with a steaming cup of coffee and rusks, while we watched the sun rising silently above the peaceful camp. Freshly showered, we packed a basket for breakfast and headed off towards Nossob with great expectations. Samevloeiing was the first…

Continue reading 2015 Kgalagadi – Day 3