2024 Kgalagadi – Dag 12

Somer in die Kgalagadi!

Sleg leeus!

Woensdag – 24 Januarie 2024

Dit was ons laaste dag in Nossob, so ons het ‘n wekker gestel sodat ons kort na 6h by die hek uit kon wees… net ‘n paar honderd meter verder het ons ons eerste leeus gesien lê.

Leeus in Nossob se loop

Ons het besef hulle gaan dalk nog ‘n rukkie lê, so ons het maar verder gery. By Rooikop was daar geen tekens van lewe nie en Marie se Gat was daar slegs ‘n paar bokke wat wei… Ons besluit toe maar om terug te ry en te gaan kyk of die leeus beweeg het – en toe is hulle weg!

Soos ons terug ry hek toe – om ‘n U-turn te maak – sien ons die twee mannetjies aangeloop kom – met ‘n wyfie. Hulle het beurte gemaak om te lê-loop-lê.

Ons het hulle gevolg vir ‘n ruk… Bean Safaris het ook verbygekom, gestop en weer verder gery. Ons het die leeus al met die rivierloop aan gevolg en net waar die pad in die duin indraai, het hulle op verste kant gaan lê… en bly lê.

Dit was nog vroeg, so ons ry toe maar weer terug via Rooikop na Marie se Gat en daar kry ons hierdie keer twee hiënas, besig om te stoei met aas.

Daar is bes gegee op die karkas en hulle het toe maar gaan water drink en bad in die watergat.

Ons het hulle ‘n rukkie dopgehou en toe teruggery. Een van die leeu mannetjies het bietjie aangeskuif in die rvierloop, maar wel onder ‘n boom in die rivier bly vertoef. Die ander twee was weg.

Ons het toe ook soos twee sleg leeus gaan neersak op die bed in die chalet en ‘n lekker laatoggend slapie ingewerk… en vir die res van die dag nie uit die huisie beweeg nie… tot braai-tyd…

Toe ons na ete begin opruim, het ons sommer alles begin pak en reggesit vir die oggend se terugry Twee Rivieren toe.

Hier is nog ‘n paar fotos van die dag:

Leeu in die loop

Hiënas by Marie se Gat
Kyk hoe kyk hy vir my…

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *