Tag: Leeus

2024 Kgalagadi – Dag 9

Somer in die Kgalagadi! Leeus by Bitterpan! Sondag – 21 Januarie 2024 Dit was weer ‘n wildernis kamp, dus geen slaappilletjie… Die gevolg was dat heelwat naggeluide gesorg het vir ‘n rustelose nag… Maar geen leeus wat gebrul het, of uile se hoot-hoot nie. Dit was meer die geritsel van jakkalsies en ander kleinerige diertjies.…

Continue reading 2024 Kgalagadi – Dag 9

2024 Kgalagadi – Dag 8

Somer in die Kgalagadi! Bitterpan, jou warm ding! Saterdag – 20 Januarie 2024 Ons huisie was baie naby aan die kamp se heining, maar daar was geen uitsig in die rivierloop in of op die watergat nie. Ons het dus vroeg lewe gekry en pad gevat Cubitje Quap toe. Oppad was daar jongerige koedoes wat…

Continue reading 2024 Kgalagadi – Dag 8

2024 Kgalagadi – Dag 7

Somer in die Kgalagadi! 1-2-3 Welpies! Vrydag – 19 Januarie 2024 Vandag verruil ons Mata-Mata vir Nossob, so daar het ‘n paar uur in Winston vir ons gewag. Ons het rustig opgestaan, begin klaarmaak en pak. Dit was nog lekker koel op die stoepie en alhoewel daar niks in die rivierloop was nie, het ons…

Continue reading 2024 Kgalagadi – Dag 7

2024 Kgalagadi – Dag 6

Somer in die Kgalagadi! Lang Stories – Min Fotos! Donderdag – 18 Januarie 2024 Wat ‘n heerlike koel nag! Die tent het vensters op drie kante gehad, ons het almal oopgezip gelos deur die nag en daar het heel nag ‘n briesie oor ons gespoel. Vir die nagte in die kleiner kampe het ek onderneem…

Continue reading 2024 Kgalagadi – Dag 6

2019 Kgalagadi – Dag 7

Al die Bestandele van ‘n Wenresep! Einde met ‘n Hoogtepunt! Saterdag – 28 September 2019 Ons laaste oggend het aangebreek… Die ander voertuie het begin tou staan om uit te ry watergate toe, maar ons het met ons eerste beker koffie op die chalet se stoep gaan sit en kyk hoe die son oor die…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 7

2019 Kgalagadi – Dag 5

Al die Bestandele van ‘n Wenresep! Rooi duine en meerkat manewales Donderdag – 2019/09/26 Voor die son ons kon opjaag vanoggend, het Christoff se blaas gepraat en het ons so strompel-strompel badkamer toe gestap. Die strompel was nie van deur-die-slaap wees nie, maar omdat ons bly opkyk het na die sterre wat nogsteeds in hulle…

Continue reading 2019 Kgalagadi – Dag 5

2018 Kgalagadi – Dag 9

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Wind-op watergat toe saam met ‘n mooi jong leeumannetjie. Sondag – 2018/10/21 Deur die nag het die wind opgekom en met tye die slaap heeltemal weggeblaas. Gelukkig nie die tent ook nie… Ons het net vinnig gaan tande skrop, ons flesse volgemaak en Melkvlei se kant toe gery. Die eerste…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 9

2018 Kgalagadi – Dag 8

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Die wag by die boom, die slapende leeus, vretende jagluiperds en draffende gevlekte hiëna. Saterdag – 2018/10/20 Vanoggend was dit weer wekker-tyd en halfses het ons met ‘n spoed aan die gang gekom om vinnig alles gepak te kry, sodat ons kort by 6h by die hek kon uit… En…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 8

2018 Kgalagadi – Dag 3

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Lui leeus en nog ‘n bateleur in vlug. Maandag – 2018/10/15 Vanoggend het die wekker ons halfses wakker geraas. Ek wens ek kon sê ons het uit die bed gespring, maar al slaap die opblaas matras baie lekker, was dit meer ‘n rol-poging van lê tot hande-vier-voet en dan regop……

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 3

2016 Kgalagadi – Dag 10

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Rooi sandspore, leeus en lieflike roofvoëls Maandag – 2016/09/26 Maandagoggend het ons half teleurgesteld wakker geword. Daar was geen leeus wat ons deur die nag wakker gebrul het nie. Bitterpan het geen ervarings met roofdiere opgelewer nie, maar die stilte, rustigheid en afgesonderdheid was ongelooflik genoeg dat…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 10

2016 Kgalagadi – Dag 5

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Nossob en omgewing se watergate Woensdag – 2016/09/21 Rondom middernag, iewers in die omgewing, het ‘n leeu weer begin brul. Christoff het heerlik deur dit geslaap, maar ek was van daar af baie wakker, alhoewel ek nooit gaan kyk het of ek enige lewe by die watergat…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 5

2016 Kgalagadi – Dag 4

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Nossob na Union’s End en terug Dinsdag – 2016/09/20 Twee uur Dinsdagoggend, word ons deur ‘n leeu wakker gebrul. Dit was so dreunend die meneer kon net buite die kampdraad gewees het… Ons het haastig ons sweetpakke aangetrek en is vol afwagting watergat toe… In die uur…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 4

2016 Kgalagadi – Dag 3

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Twee Rivieren na Nossob, met leeus en allerlei voëls langs die pad Maandag – 2016/09/19 Na die yskas en vrieskas deur die nag hulle kant gebring het, was dit weer ‘n terugpakkery in die koelboks en ‘n teruglaai van alles in Escapé, voor ons by Twee Rivieren…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 3

2015 Kgalagadi – Dag 5

Die eerste onvergeetlike Kgalagadi besoek! Springbokkie geboorte en die stand-off by Vaalpan Maandag – 2015/09/28 Ons was vroeg-vroeg op en het met ons propvol, vuurwarm koffiebekers en ‘n bak beskuit in die skuiling gaan sit om te kyk hoe die Afrika-son oor die Kalahari-duine opkom… En ons was weer beloon met ‘n pragtige lugvertoning. Na ‘n…

Continue reading 2015 Kgalagadi – Dag 5

2015 Kgalagadi – Dag 4

Die eerste onvergeetlike Kgalagadi besoek! Twee Rivieren en Mata-Mata, maar dit was die GROOT leeuvangsdag! Sondag – 2015/09/27 Vandag was een van daardie dae wat mens nooit sal vergeet nie… Maar voor ek daarby kom… Ons het die oggend eers ‘n koffie gedrink en weer rustig na die sonsopkoms oor die kamp gekyk… en toe…

Continue reading 2015 Kgalagadi – Dag 4