Month: October 2018

2018 Kgalagadi – Dag 11

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Leeuwdril 4×4 roete, kamp opslaan en kuier. Dinsdag – 2018/10/23 Na ‘n koue nat nag, het ons vanoggend die permit gaan haal om die 4×4 roete by Leeuwdril te ry. Christoff het dit gister bespreek en betaal. So was ons oppad om nog ‘n stukkie van die Kgalagadi te ry,…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 11

2018 Kgalagadi – Dag 10

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Klein jakkalsie, meerkatjies en een slapende leeu. Maandag – 2018/10/22 Kyk! As ons gedink het die vorige nag se wind was woes, was dit omdat ons nog nie geweet het hoe gisternag se wind sou waai nie. Ek was met tye benoud dat ons tent, met ons nog binne in,…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 10

2018 Kgalagadi – Dag 9

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Wind-op watergat toe saam met ‘n mooi jong leeumannetjie. Sondag – 2018/10/21 Deur die nag het die wind opgekom en met tye die slaap heeltemal weggeblaas. Gelukkig nie die tent ook nie… Ons het net vinnig gaan tande skrop, ons flesse volgemaak en Melkvlei se kant toe gery. Die eerste…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 9

2018 Kgalagadi – Dag 8

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Die wag by die boom, die slapende leeus, vretende jagluiperds en draffende gevlekte hiëna. Saterdag – 2018/10/20 Vanoggend was dit weer wekker-tyd en halfses het ons met ‘n spoed aan die gang gekom om vinnig alles gepak te kry, sodat ons kort by 6h by die hek kon uit… En…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 8

2018 Kgalagadi – Dag 7

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Vier leeus in die verte en jagluiperds in die koelte. Vrydag – 2018/10/19 Die krag in die kampe word tussen 22h in die aand en 5h soggens afgeskakel. By Mata-Mata word van ‘n kragopwekker gebruik gemaak en die meneer vreet ongeveer 400 liter diesel ‘n dag… So toe ek vanoggend…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 7

2018 Kgalagadi – Dag 6

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Duinepad na Mata-Mata, met meerkatjies en NOG leeus. Donderdag – 2018/10/18 Na ‘n nag van baie rondrol en min slaap – in my geval, want my man sukkel nie met slaap nie – moes ons ons tentpenne by nommer 13 in Nossob lig. In minder as twee ure was daar…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 6

2018 Kgalagadi – Dag 5

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Skietende lense by Cubitje Quap en stories in die Nossob skuiling. Woensdag – 2018/10/17 Vanoggend het my blaas my kort by 5h gejaag en kon ons nog die bespikkelde sterrehemel bewonder oppad ablusie blokke toe… en rustiger oppad terug tent toe… Orion was duidelik uitge-êts reg bokant ons… Rondom ons…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 5

2018 Kgalagadi – Dag 4

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Soekende wyfie leeu, beseerde bruin hiëna en Hendrik se tande. Dinsdag – 2018/10/16 Vanoggend was dit nie die ongeduldige geneul van ‘n wekker wat ons wakker gemaak het nie, maar die kamp geluide soos die ander kampeerders in Nossob uit die blokke kom vir die hek wat 6h oopmaak. So…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 4

2018 Kgalagadi – Dag 3

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Lui leeus en nog ‘n bateleur in vlug. Maandag – 2018/10/15 Vanoggend het die wekker ons halfses wakker geraas. Ek wens ek kon sê ons het uit die bed gespring, maar al slaap die opblaas matras baie lekker, was dit meer ‘n rol-poging van lê tot hande-vier-voet en dan regop……

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 3

2018 Kgalagadi – Dag 2

‘n Leeu van ‘n Vakansie! Slapende leeu en skroppende wildebeeste… en Nossob! Sondag – 2018/10/14 Twee Rivieren se hek maak 7h in die oggend oop. Ons was so klein bietjie agter skedule. Ons was eers 7h10 daar. Die stuk tussen Twee Rivieren en Nossob neem gemiddeld so vier en ‘n half ure en ons wou…

Continue reading 2018 Kgalagadi – Dag 2