Die eerste onvergeetlike Kgalagadi besoek!
Kort na ons teruggekom het van ons Desember vakansie by die see het ons, met die opgewondenheid van ‘n kind voor kersfees, die bespreking gemaak vir ons eerste Kgalagadi besoek. Ons kon egter net 2 nagte in Twee Rivieren en 2 in Mata Mata kry, aangesien die besprekings vir September 2015 reeds 3 maande oop was… en die Kgalagadi liefhebbers raap natuurlik beskikbare tye op, sodra die besprekings – ‘n jaar vooruit – oopmaak.
En so het die wag begin… en die droom… en uitsien… en beplan… en wag… en droom… en uitsien… en beplan… en wag… (Julle kry die idee)… Tot die tyd uiteindelik aangebreek het vir ons om te pak en sodoende ons eie, Oupa Ampie en Escapé (ons goeie, getroue 4×4) se eerste Kgalagadi besoek te begin…
Lees gerus elke dag se gebeure van ons eerste onvergeetlike besoek aan die Kgalagadi in die daaglikse plasings, soos geskryf deur Marietha, met Christoff se insette… en fotos was spanwerk!
Dag 1 – 2015/09/24 – Pretoria tot in Kuruman
Dag 2 – 2015/09/25 – Van Zylsrus en Twee Rivieren aankoms
Dag 3 – 2015/09/26 – Leeuwyfies en piekniek by Melkvlei
Dag 4 – 2015/09/27 – Twee Rivieren en Mata-Mata, maar dit was die GROOT leeuvangs dag!
Dag 5 – 2019/09/28 – Springbokkie geboorte en die stand-off tussen die gemsbokke en leeus by Vaalpan
Dag 6 – 2015/09/29 – Mata-Mata tot by Witsand se brullende duine
Dag 7 – 2019/09/30 – Witsand na Deben
Die oorslaap in Deben was die laaste aand van ons Kgalagadi ervaring en dit was met gemengde gevoelens wat ons die volgende oggend uit Deben uitgery het.
Dit was ‘n lang pad huistoe, maar ons kon nie wag om tuis te kom nie. By die huis het die geleentheid gewag om rustig deur al die fotos te kyk en die afgelope paar dae weer in herinnering te roep…
Wat ‘n belewenis! Die Kgalagadi gaan ons beslis weer sien!