2017 Paternoster – Dag 6

Daar was dit lekker! Dit was te kort! Donderdag – 2017/08/17 So breek ons laaste dag in Paternoster aan! Die oggend het soos die voriges begin, met ‘n oggend koffietjie en ‘n stappie op die strand vir my en ‘n draf deur die dorpie vir Christoff. Die laaste oggend het La en Pa Ampie hulle…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 6

2017 Paternoster – Dag 5

Daar was dit lekker! Party op Paternoster! Woensdag – 2017/08/16 Woensdagoggend was ons weer vroegerig uit die vere, maar toe ons afgaan kombuis toe, sit die verjaardag maatjie reeds alleen voor die TV in die donker en oggendnuus kyk. Dit was Pa Ampie se verjaardag! So tussen die koffie en beskuit deur is hy geluk…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 5

2017 Paternoster – Dag 3

Daar was dit lekker! Paternoster hier kom ons! Maandag – 2017/08/14 Maandagoggend is ons vroeg uit die vere. Die plan was om so rondom 9h in die pad te val en via Vishoek die laaste 2 van die agt-tal op die lughawe in Kaapstad te gaan oplaai… Maar 9h stop ons toe al sommer voor…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 3

2017 Paternoster – Dag 2

Daar was dit lekker! Wellington hou partytjie! Sondag – 2017/08/13 Met die waterbeperkings in die Kaap, was die volgende oggend se stortery ‘n storie… en as dit nie vir die Kaapse winterweer was nie, kon dit baie naby gekom het aan ‘n bos-stort. Oom Frank het ‘n groterige emmer in sy stort. Dit het nogal…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 2

2016 – Desember in Dinokeng

16-18 Desember 2016 As jou siel begin roep na die bos, dan soek jy naby-plekke sodat jou menswees darem net weer kan voel of hy/sy kan asem skep… So reël ons vir onsself ‘n vinnige weglopie in Desember, oor die lang naweek, Dinokeng toe. Dit was heerlik om weer op grondpaaie rond te ry… maar as daar…

Continue reading 2016 – Desember in Dinokeng

2016 Kgalagadi – Dag 11

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Twee Rivieren na Lichtenburg, via Askham & Van Zylsrus Dinsdag – 2016/09/27 Dinsdag, 27 September, was dit vir oulaas alles oppak en inpak en ons het kort na 7:00 gaan uitklok by die kantoor… Toe ons egter op die teerpad draai, staan daar ‘n man by die…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 11

2016 Kgalagadi – Dag 10

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Rooi sandspore, leeus en lieflike roofvoëls Maandag – 2016/09/26 Maandagoggend het ons half teleurgesteld wakker geword. Daar was geen leeus wat ons deur die nag wakker gebrul het nie. Bitterpan het geen ervarings met roofdiere opgelewer nie, maar die stilte, rustigheid en afgesonderdheid was ongelooflik genoeg dat…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 10

2016 Kgalagadi – Dag 9

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Bitterpan toe! Sondag – 2016/09/25 Sondagoggend is ons weer rondom halfsewe uit die kamp uit in ‘n noordelike rigting Kwang toe. Kort by Cubitje Quap het ons paaie met die pragtige kudu bul gekruis. En toe sien ons die katspore in die pad. Dit was seker die…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 9

2016 Kgalagadi – Dag 8

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Cheetah, Bateleur en ander gevlerkte diere Saterdag – 2016/09/24 Saterdagoggend het redelik opwindend begin. Ons moes kamp opslaan en skuif na ‘n huisie en het besluit om weer vroeg ‘n draai te gaan ry. Ons sou daarna kamp kom afslaan voor dit te warm raak. Ons is…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 8

2016 Kgalagadi – Dag 7

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Breëkop arend en bakkie probleme Vrydag – 2016/09/23 Vrydag het nie heeltemal volgens plan verloop nie. Ons wou suid uit toe die hek oopmaak en dan die boonste duinepad ry Kamqua toe… Maar, kom ons begin by die begin. Die leeus het basies deur die nag geselsies…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 7

2016 Kgalagadi – Dag 6

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Die pad na Mabua Donderdag – 2016/09/22 Daar was geen nagtelike eskapades van enige leeus nie, so ons het heerlik deurgeslaap tot die dag gebreek het, maar voor ons ons eerste koppie koffie in ons slaapsakke kon nuttig, moes ons eers van die oornag-voggies ontslae gaan raak…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 6

2016 Kgalagadi – Dag 5

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Nossob en omgewing se watergate Woensdag – 2016/09/21 Rondom middernag, iewers in die omgewing, het ‘n leeu weer begin brul. Christoff het heerlik deur dit geslaap, maar ek was van daar af baie wakker, alhoewel ek nooit gaan kyk het of ek enige lewe by die watergat…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 5