2017 Paternoster – Dag 3

Paternoster hier kom ons! Maandag – 2017/08/14 Maandagoggend is ons vroeg uit die vere. Die plan was om so rondom 9h in die pad te val en via Vishoek die laaste 2 van die agt-tal op die lughawe in Kaapstad te gaan oplaai… Maar 9h stop ons toe al sommer voor die Oliviers se huis…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 3

2017 Paternoster – Dag 2

Wellington hou partytjie! Sondag – 2017/08/13 Met die waterbeperkings in die Kaap, was die volgende oggend se stortery ‘n storie… en as dit nie vir die Kaapse winterweer was nie, kon dit baie naby gekom het aan ‘n bos-stort. Oom Frank het ‘n groterige emmer in sy stort. Dit het nogal eksperimentering gevat om seker…

Continue reading 2017 Paternoster – Dag 2

2016 – Desember in Dinokeng

16-18 Desember 2016 As jou siel begin roep na die bos, dan soek jy naby-plekke sodat jou menswees darem net weer kan voel of hy/sy kan asem skep… So reël ons vir onsself ‘n vinnige weglopie in Desember, oor die lang naweek, Dinokeng toe. Dit was heerlik om weer op grondpaaie rond te ry… maar as daar…

Continue reading 2016 – Desember in Dinokeng

2016 Kgalagadi – Dag 11

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Dinsdag – 2016/09/27 Dinsdag, 27 September, was dit vir oulaas alles oppak en inpak en ons het kort na 7:00 gaan uitklok by die kantoor… Toe ons egter op die teerpad draai, staan daar ‘n man by die Upington bord en met ‘n duim in die lug.…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 11

2016 Kgalagadi – Dag 10

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Maandag – 2016/09/26 Maandagoggend het ons half teleurgesteld wakker geword. Daar was geen leeus wat ons deur die nag wakker gebrul het nie. Bitterpan het geen ervarings met roofdiere opgelewer nie, maar die stilte, rustigheid en afgesonderdheid was ongelooflik genoeg dat ons weer wil teruggaan. Ons het…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 10

2016 Kgalagadi – Dag 9

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Sondag – 2016/09/25 Sondagoggend is ons weer rondom halfsewe uit die kamp uit in ‘n noordelike rigting Kwang toe. Kort by Cubitje Quap het ons paaie met die pragtige kudu bul gekruis. En toe sien ons die katspore in die pad. Dit was seker die langste stuk…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 9

2016 Kgalagadi – Dag 8

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Saterdag – 2016/09/24 Saterdagoggend het redelik opwindend begin. Ons moes kamp opslaan en skuif na ‘n huisie en het besluit om weer vroeg ‘n draai te gaan ry. Ons sou daarna kamp kom afslaan voor dit te warm raak. Ons is dus weer halfsewe uit toe die…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 8

2016 Kgalagadi – Dag 7

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Vrydag – 2016/09/23 Vrydag het nie heeltemal volgens plan verloop nie. Ons wou suid uit toe die hek oopmaak en dan die boonste duinepad ry Kamqua toe… Maar, kom ons begin by die begin. Die leeus het basies deur die nag geselsies gemaak. Die laaste brul was…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 7

2016 Kgalagadi – Dag 6

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Donderdag – 2016/09/22 Daar was geen nagtelike eskapades van enige leeus nie, so ons het heerlik deurgeslaap tot die dag gebreek het, maar voor ons ons eerste koppie koffie in ons slaapsakke kon nuttig, moes ons eers van die oornag-voggies ontslae gaan raak het. Ons het nog…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 6

2016 Kgalagadi – Dag 5

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Woensdag – 2016/09/21 Rondom middernag, iewers in die omgewing, het ‘n leeu weer begin brul. Christoff het heerlik deur dit geslaap, maar ek was van daar af baie wakker, alhoewel ek nooit gaan kyk het of ek enige lewe by die watergat gewaar nie. Die groot kat…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 5

2016 Kgalagadi – Dag 4

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Dinsdag – 2016/09/20 Twee uur Dinsdagoggend, word ons deur ‘n leeu wakker gebrul. Dit was so dreunend die meneer kon net buite die kampdraad gewees het… Ons het haastig ons sweetpakke aangetrek en is vol afwagting watergat toe… In die uur wat ons daar gesit het, het…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 4

2016 Kgalagadi – Dag 3

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Maandag – 2016/09/19 Na die yskas en vrieskas deur die nag hulle kant gebring het, was dit weer ‘n terugpakkery in die koelboks en ‘n teruglaai van alles in Escapé, voor ons by Twee Rivieren kon uitry. Vandag was dit ons en die groot pad Nossob toe.…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 3

2016 Kgalagadi – Dag 2

Kruis & Dwars deur die Kgalagadi! Rondte 2 Sondag – 2016/09/18 Ons was weer vroegerig op en na ‘n koppie koffie was dit die manne en die bakkie se bande. Ons het die vorige dag die bande afgeblaas om die bondels hout, wat op Escapé se dak gepak was, sommer so in die garage te…

Continue reading 2016 Kgalagadi – Dag 2

2015 Kgalagadi – Dag 7

Die eerste onvergeetlike Kgalagadi besoek! Woensdag – 2015/09/30 En so breek ons laaste dag aan… Ons het laterig opgestaan, rustig elk twee bekers koffie gedrink, terwyl die oorskiet pap warm geword het. Ontbyt was oorskiet pap en wors… Dit was ‘n lekker koel oggend en ons moes maar ‘n baadjie nader trek toe ons na…

Continue reading 2015 Kgalagadi – Dag 7

2015 Kgalagadi – Dag 6

Die eerste onvergeetlike Kgalagadi besoek! Dinsdag – 2015/09/29 Ons het besonder rustig geslaap, as mens die vorige aand se ervaring in ag neem, maar kort by 5h was ons uit vir koffie in die skuiling. Die oggend het ons weer beloon met ‘n mooi sonsopkoms, terwyl ons koffie en beskuit genuttig het… maar vanoggend was…

Continue reading 2015 Kgalagadi – Dag 6