Ons staan op in die oggend en sommige oggende gaan draf ons, tensy ons kies om met ‘n vars koppie koffie op te krul in die bed… En vir daardie oomblik laat die dag ons toe om asem te haal…
Dan begin die gejaag… Maak reg vir werk, ry kantoor toe (vir die dae wat ons nie van die huis af werk nie – danksy veranderinge as gevolg van lockdown)… werk, werk, werk… Tref die winkels oppad huistoe en hoop om loadshedding vry te spring…
Maar dan steek ons ‘n vuurtjie aan en gooi ‘n glas wyn in – selfs op weeksaande… Dan kry ons kans om weer asem te haal, terwyl ons na die Kalahari TV kyk…
Dis wat ons doen, terwyl ons in die stad moet wees om geld te maak om te oorleef… Maar ons verdra die stadslewe op die oomblik, want dit stel ons in staat om te ontsnap, elke nou en dan… En wanneer ons ontsnap, kan ons asemhaal van die eerste koppie koffie tot die laaste druppel wyn, elke dag vir so lank as wat ons weg is…